bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Genesis 23
Genesis 23
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 24 →
1
Sara het honderd sewe-en-twintig jaar lank geleef – dit was die lewensjare van Sara.
2
Sara het gesterf in die land Kanaän by Kirjat-Arba, dit is Hebron. Abraham het by die tent ingegaan om oor Sara te rou en oor haar te huil.
3
Toe het Abraham opgestaan van die plek by sy oorlede vrou. Hy het met die Hetiete gaan onderhandel en gesê:
4
“Ek is 'n •vreemdeling en bywoner by julle; gee vir my 'n begraafplek as eiendom by julle, sodat ek my oorlede vrou kan begrawe en haar kan weglê. ”
5
Die Hetiete het Abraham geantwoord deur vir hom te sê:
6
“Luister na ons, meneer! U is 'n magtige leier in ons midde. Begrawe u oorlede vrou in die keur van ons grafte. Niemand onder ons sal u sy graf weier, om daar u oorlede vrou te begrawe nie.”
7
Abraham het opgestaan, diep gebuig voor die mense van die land, die Hetiete,
8
met hulle onderhandel en gesê: “As u daartoe instem dat ek my oorlede vrou begrawe en haar weglê, luister dan na my en doen vir my voorspraak by Efron, seun van Sogar,
9
sodat hy die grot van Magpela wat aan hom behoort, en wat aan die rand van sy grond lê, vir my sal gee. Teen die volle koopprys moet hy dit vir my gee, sodat ek tussen u 'n begraafplek as eiendom kan besit.”
10
Efron het daar tussen die Hetiete gesit. Efron, die Hetiet, het Abraham toe ten aanhore van die Hetiete, naamlik almal wat deur die dorpspoort ingaan, geantwoord:
11
“Nee, meneer, luister na my! Die stuk grond gee ek vir u; en die grot wat daarop is – vir u gee ek dit. Voor die oë van my volksgenote gee ek dit vir u. Begrawe u oorlede vrou.”
12
Abraham het toe weer diep gebuig voor die mense van die land,
13
en ten aanhore van die mense van die land met Efron gepraat: “As u maar net asseblief na my sal luister! Ek betaal vir die grond. Aanvaar dit van my, sodat ek my oorlede vrou daar kan begrawe.”
14
Efron het Abraham toe geantwoord deur vir hom te sê:
15
“Meneer, luister na my! 'n Stuk grond van vierhonderd sikkel silwer, wat is dit nou tussen my en u? Begrawe u oorlede vrou!”
16
Abraham het na Efron geluister. Abraham het vir Efron die silwer afgeweeg wat hy ten aanhore van die Hetiete genoem het: vierhonderd sikkel silwer, wat aanvaarbaar is by handelaars.
17
So het die stuk grond van Efron wat in Magpela, oos van Mamre, is – die grond en die grot wat daarop is, en al die bome wat op die grond is, binne die hele grens reg rondom – oorgegaan
18
na Abraham as gekoopte eiendom, ten aanskoue van die Hetiete, almal wat by die dorpspoort ingaan.
19
Daarna het Abraham sy vrou Sara begrawe in die grot op die grond in Magpela, oos van Mamre – dit is Hebron – in die land Kanaän.
20
Die grond en die grot daarop is aan Abraham oorgedra – 'n begraafplek as eiendom vanaf die Hetiete.
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 24 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50