bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Genesis 40
Genesis 40
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 39
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 41 →
1
Ná verloop van tyd het die skinker van die koning van Egipte en die bakker 'n misstap begaan teenoor hulle heer, die koning van Egipte.
2
Die farao was woedend vir sy twee paleisamptenare, vir die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers.
3
Hy het hulle onder bewaking gestel in die huis van die hoof van die lyfwag, by die gevangenis, die plek waar Josef gevange gehou is.
4
Die hoof van die lyfwag het Josef by hulle aangestel, en hy het hulle persoonlike bediende geword. Hulle was lank onder bewaking.
5
Die skinker en die bakker van die koning van Egipte wat gevange gehou is in die gevangenis het al twee, in dieselfde nag, 'n droom gehad, elkeen sy eie droom met sy eie betekenis.
6
Toe Josef die oggend by hulle kom en hulle sien, merk hy tot sy verbasing hulle is bedruk.
7
Hy vra toe vir die farao se paleisamptenare wat saam met hom onder bewaking was in die huis van sy eienaar: “Waarom het julle vandag sulke somber gesigte?”
8
Hulle sê toe vir hom: “Ons het gedroom, en daar is niemand wat dit kan verklaar nie.” Toe sê Josef vir hulle: “Hoort verklarings nie by God nie? Vertel dit tog vir my!”
9
Die hoof van die skinkers vertel toe sy droom vir Josef. Hy het vir hom gesê: “Kyk, in my droom was daar 'n wingerdstok voor my.
10
Aan die wingerdstok was daar drie lote. Die wingerd het net gebot, toe ontwikkel die bloeisels al en word die klein trossies ryp druiwe.
11
Die farao se beker was in my hand. Ek neem toe die druiwe en pers dit uit in die farao se beker. Toe sit ek die beker in die farao se hand.”
12
Josef het vir hom gesê: “Dit is die verklaring daarvan: Die drie lote is drie dae.
13
Nog drie dae, dan sal die farao jou weer jou kop laat oplig en jou in jou amp herstel. Jy sal die farao se beker in sy hand plaas soos dit vroeër die gewoonte was toe jy nog sy skinker was.
14
Maar dink aan my wanneer dit met jou goed gaan. Bewys asseblief trou aan my en maak melding van my by die farao. Kry my so uit hierdie huis uit.
15
Want ek is inderdaad ontvoer uit die land van die Hebreërs. Ook hier het ek niks gedoen waaroor hulle my in die put moes sit nie.”
16
Toe die hoof van die bakkers sien dat hy dit gunstig verklaar het, sê hy vir Josef: “Ook ek was in my droom. Kyk, daar was drie mandjies met witbrood op my kop.
17
In die boonste mandjie was daar allerhande eetgoed wat 'n bakker voorberei het vir die farao. Maar die voëls het dit uit die mandjie op my kop geëet.”
18
Josef het geantwoord en gesê: “Dit is die verklaring: Die drie mandjies is drie dae.
19
Nog drie dae, dan lig die farao jou kop – van jou af. Hy sal jou aan 'n houtpaal hang, en die voëls sal jou vleis van jou afeet.”
20
Op die derde dag, op die farao se verjaarsdag, het hy 'n feesmaal aangebied vir al sy dienaars. Hy het toe daar tussen sy dienaars die hoof van die skinkers se kop en die hoof van die bakkers se kop laat lig:
21
Hy het die hoof van die skinkers herstel in sy amp as skinker, en hy het die beker in die farao se hand geplaas.
22
Die hoof van die bakkers het hy laat ophang, soos Josef dit vir hulle verklaar het.
23
Die hoof van die skinkers het egter nie weer aan Josef gedink nie; hy het hom vergeet.
← Chapter 39
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 41 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50