bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Genesis 35
Genesis 35
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 36 →
1
God het vir Jakob gesê: “Maak gereed, trek op na Bet-El en woon daar. Bou daar 'n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op vlug was voor jou broer Esau.”
2
Jakob sê toe vir sy huis en almal wat by hom was: “Verwyder die vreemde gode wat in julle midde is en reinig julle; trek ander klere aan.
3
Kom ons maak gereed en trek op na Bet-El, sodat ek daar 'n altaar kan bou vir die God wat my geantwoord het op die dag toe ek in die nood was, en by my was op die pad wat ek gegaan het.”
4
Hulle het toe al die vreemde gode wat hulle by hulle gehad het, vir Jakob gegee, ook die ringe wat aan hulle ore was. Hy het dit onder die groot terebintboom wat by Sigem is, weggesteek.
5
Hulle het toe weggetrek, en 'n verskrikking van God af het oor die dorpe rondom hulle geheers, sodat hulle nie die seuns van Jakob agtervolg het nie.
6
Toe Jakob by Lus, dit is Bet-El, in die land Kanaän aankom, hy en al die mense wat by hom was,
7
het hy daar 'n altaar gebou en die plek El-Bet-El genoem, omdat God Hom daar aan hom geopenbaar het toe hy op vlug was voor sy broer.
8
Debora, die oppasser van Rebekka, is daar oorlede. Sy is begrawe onderkant Bet-El, onder die eikeboom. Hulle het dit die Eikeboom van Gehuil genoem.
9
God het weer aan Jakob verskyn by sy aankoms uit Paddan-Aram, en hom geseën.
10
God het vir hom gesê: “Jou naam is Jakob. Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, dit sal jou naam wees.” So het Hy hom die naam Israel gegee.
11
Verder het God vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, 'n skare van nasies, sal van jou afstam; selfs konings sal uit jou liggaam voortkom.
12
Die land wat Ek aan Abraham en aan Isak gegee het, aan jou gee Ek dit; aan jou nageslag ná jou gee Ek die land.”
13
Hierna het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gepraat het.
14
Jakob het toe op die plek waar Hy met hom gepraat het, 'n gedenksteen, 'n gedenksteen van klip, opgerig en 'n •drankoffer daaroor uitgegooi. Hy het ook olie daarop gegooi.
15
Jakob het die plek waar God met hom gepraat het, Bet-El genoem.
16
Hulle het van Bet-El af weggetrek, maar daar was nog 'n hele ent pad oor om by Efrata uit te kom, toe Ragel geboorte gegee het. Sy het 'n moeilike bevalling gehad.
17
Terwyl sy so swaar gekry het met die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bang wees nie, want ook hierdie een is 'n seun vir jou.”
18
Terwyl haar lewe wegvloei, want sy was sterwend, het sy hom die naam Ben-Oni gegee. Sy vader het hom egter Benjamin genoem.
19
So het Ragel gesterf; en sy is begrawe langs die pad na Efrata, dit is Betlehem.
20
Jakob het 'n gedenksteen op haar graf opgerig. Dit is die gedenksteen van Ragel se graf tot vandag toe.
21
Israel het toe verder getrek en sy tent opgeslaan anderkant Migdal-Eder.
22
Terwyl Israel in dié streek gebly het, het Ruben by sy vader se byvrou Bilha gaan slaap. Israel het daarvan te hore gekom. Jakob het twaalf seuns gehad.
23
Die seuns van Lea: Ruben, Jakob se eersgeborene, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon.
24
Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.
25
Die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Naftali.
26
Die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
27
Jakob het by sy vader Isak aangekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham en Isak as •vreemdelinge gewoon het.
28
Isak het honderd-en-tagtig jaar lank geleef.
29
Isak het sy asem uitgeblaas en gesterf, en hy is met sy mense verenig – oud en versadig van lewensdae. Sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.
← Chapter 34
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 36 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50