bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Genesis 4
Genesis 4
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 5 →
1
Die mens het met Eva, sy vrou, gemeenskap gehad; sy het swanger geword en aan Kain geboorte gegee. Sy het gesê: “Ek het van die Here 'n man verkry. ”
2
Sy het weer geboorte gegee – aan sy broer, aan Abel. Abel was 'n herder van kleinvee, en Kain 'n landbouer.
3
Ná verloop van tyd het Kain van die vrug van die grond 'n offer vir die Here gebring.
4
En Abel, ook hy het 'n offer gebring uit die eersgeborenes van sy kleinvee, van hulle vet. Die Here het Abel en sy offer met guns beskou.
5
Maar Kain en sy offer het Hy nie met guns beskou nie. Dit het Kain baie kwaad gemaak en hy was terneergedruk.
6
Die Here vra toe vir Kain: “Waarom is jy kwaad, en waarom is jy terneergedruk?
7
Is dit nie so dat, as jy goed doen, jy jou kop kan optel nie? As jy egter nie goed doen nie, lê die sonde op die loer voor die deur. Na jou is sy begeerte, maar jy moet oor hom heers.”
8
Kain sê toe vir Abel, sy broer: “Kom ons gaan veld toe.” Toe hulle in die veld was, het Kain teen Abel, sy broer, opgestaan en hom doodgemaak.
9
Die Here het vir Kain gevra: “Waar is Abel, jou broer?” Hy het geantwoord: “Ek weet nie; is ek dan my broer se oppasser?”
10
Die Here het gesê: “Wat het jy gedoen? Die bloed van jou broer bly roep na My vanuit die grond.
11
Daarom, vervloek is jy, verban van die grond af – die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.
12
As jy die grond bewerk, sal dit nie langer sy opbrengs vir jou gee nie. 'n Doellose swerwer sal jy op die aarde wees.”
13
Kain het vir die Here gesê: “My straf is te swaar om te dra.
14
Kyk, U verdryf my vandag van die grond af, en vir U sal ek moet wegkruip. Ek sal 'n doellose swerwer word op die aarde, en elkeen wat my teëkom, sal my doodmaak.”
15
Maar die Here het hom geantwoord: “Goed dan, enige een wat Kain doodmaak – dit sal sewe maal gewreek word.” Die Here het toe op Kain 'n merkteken gesit, sodat niemand wat hom teëkom, hom sou doodslaan nie.
16
Kain het toe uit die Here se teenwoordigheid weggegaan en in die land Nod gaan woon, oos van Eden.
17
Kain het met sy vrou gemeenskap gehad; sy het swanger geword en aan Henog geboorte gegee. Kain was toe besig om 'n stad te bou, en hy het die stad na sy seun Henog vernoem.
18
Vir Henog is Irad gebore; Irad het Megujael verwek, Megujael het Metusael verwek, en Metusael het Lameg verwek.
19
Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die een se naam was Ada, en die tweede se naam was Silla.
20
Ada het aan Jabal geboorte gegee. Hy was die voorvader van hulle wat in tente woon by hulle vee.
21
Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die voorvader van almal wat op liere en fluite speel.
22
En Silla, ook sy het geboorte gegee – aan Tubal-Kain, 'n smid en die voorvader van almal wat brons en yster bewerk. Tubal-Kain se suster was Naäma.
23
Lameg het vir sy vroue gesê: “Ada en Silla, luister na my stem! Vroue van Lameg, hoor wat ek sê, want vir 'n wond aan my maak ek 'n man dood, 'n jong man vir 'n kneusplek aan my!
24
Ja, sewe maal word Kain gewreek, maar Lameg sewe-en-sewentig maal.”
25
Adam het weer gemeenskap gehad met sy vrou, en sy het aan 'n seun geboorte gegee. Sy het hom Set genoem, “want,” het sy gesê, “vir my het God 'n ander nasaat voorsien in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgemaak het.”
26
En vir Set, ook vir hom is 'n seun gebore. Hy het hom Enos genoem. In daardie tyd het hulle begin om die Naam van die Here aan te roep.
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 5 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50