bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Genesis 3
Genesis 3
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 4 →
1
Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het. Hy het vir die vrou gevra: “Is dit werklik so dat God gesê het julle mag nie van enige boom in die tuin eet nie?”
2
Die vrou het die slang geantwoord: “Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
3
maar oor die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê, ‘Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanraak nie, anders sterf julle.’ ”
4
Die slang sê toe vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie.
5
Maar God weet dat die dag wanneer julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan. Dan sal julle word soos God, wat goed en kwaad ken.”
6
Die vrou sien toe dat die boom goed was om van te eet, dat dit 'n lus was vir die oog, en dat die boom begeerlik was om 'n mens insig te gee. Sy het van die vrugte daarvan geneem, dit geëet en ook vir haar man by haar gegee, en hy het geëet.
7
Al twee se oë het oopgegaan en hulle het besef dat hulle naak is. Hulle het vyeblare aaneengeryg en vir hulle lendeskorte gemaak.
8
Hulle hoor toe die geluid van die Here God wat in die tuin rondstap in die middagkoelte. Die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin.
9
Die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?”
10
Hy het geantwoord: “Ek het U in die tuin hoor beweeg, en ek was bang, want ek is naak; toe het ek weggekruip.”
11
Hy vra toe: “Wie het vir jou vertel dat jy naak is? Het jy van die boom geëet waaroor Ek jou beveel het dat jy nie daarvan mag eet nie?”
12
Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U gegee het om aan my sy te wees, sy is die een wat vir my van die boom gegee het, en ek het geëet.”
13
Die Here God vra toe vir die vrou: “Wat het jy nou gedoen?” Die vrou het geantwoord: “Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.”
14
Toe sê die Here God vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die mak diere en al die diere van die veld; op jou pens sal jy seil, en stof sal jy eet, solank jy leef.
15
Vyandskap sal Ek tussen jou en die vrou stel, en tussen jou nageslag en haar nageslag. Hy sal jou kop aanval, en jy sal sy hakskeen aanval.”
16
Vir die vrou het Hy gesê: “Ek sal jou swaarkry met jou swangerskap baie erger maak; met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jou begeerte wees, maar hy sal oor jou heers.”
17
Vir die mens het Hy gesê: “Omdat jy geluister het na jou vrou se stem, en geëet het van die boom waarvan Ek jou beveel het, ‘Jy mag nie daarvan eet nie!’ is die grond deur jou toedoen vervloek. Met swaarkry sal jy daarvan eet, solank jy leef;
18
dorings en dissels sal dit vir jou laat uitspruit, en jy sal veldplante eet.
19
Met sweet aan jou gesig sal jy brood eet, totdat jy terugkeer na die grond; want daaruit is jy geneem – ja, stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”
20
Die mens het sy vrou “Eva” genoem, want sy is die een wat die moeder geword het van almal wat lewe.
21
Die Here God het daarna vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en dit vir hulle aangetrek.
22
Toe sê die Here God: “Kyk, die mens het soos een van Ons geword deur goed en kwaad te ken. Nou moet hy net nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en vir altyd bly lewe nie. ”
23
Die Here God het hom toe weggestuur uit die tuin van Eden om die grond waaruit hy geneem is, te gaan bewerk.
24
Hy het die mens uitgedryf en aan die oostekant van die tuin van Eden gerubs laat woon, met 'n flikkerende swaard wat heen en weer beweeg, om die pad na die boom van die lewe te bewaak.
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50