bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Job 18
Job 18
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 17
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 19 →
1
Bildad die Suagiet het Job geantwoord:
2
“Wanneer gaan jy ophou om so te praat? Praat met insig, dan sal ons jou antwoord.
3
Dink jy ons is soos diere? Dink jy ons is baie dom?
4
Jy pluk jou hare uit in woede. Dink jy die aarde sal tot niet gaan ter wille van jou, en ’n rots van die kranse afval?
5
“Die waarheid is: Die lig van die kwaaddoener sal gedoof word. Hulle vuur se vlam brand nie lank nie.
6
Die lig in hulle tent verduister. Die lamp sal skielik doodwaai.
7
Die vaste tred van die kwaaddoener sal wankel. Hulle eie planne sal hulle ondergang wees.
8
Hulle sal val in ’n vangnet voor hulle voete, hulle sal vasval in ’n net.
9
Hulle struikel oor ’n strik. ’n Strop trek vas om hulle.
10
’n Vangtou lê begrawe in die grond op hulle pad. ’n Tou lê opgerol in hulle pad.
11
Gevaar omring die kwaaddoener en elke tree is gevaarlik.
12
Honger maak hulle swak. Rampe wag vir hulle.
13
Siekte vreet aan sy vel. Die ergste dood verorber sy bene.
14
Hulle word weggesleep uit ’n veilige huis en hulle buig voor die koning van verskrikking.
15
Die huis van die kwaaddoeners sal verbrand word, en oor alles wat hulle het, sal swael gestrooi word.
16
Hulle wortels verdroog en hulle blare verwelk.
17
Alles wat herinner aan hulle bestaan, sal verdwyn van die aarde. Niemand sal hulle name onthou nie.
18
Hulle sal uit die lig in die duisternis gegooi word, uitgedryf uit die wêreld.
19
Geen kind of kleinkind, of enige naasbestaande, sal in hulle land oorleef nie.
20
In die weste is mense geskok oor hulle lot. In die ooste is almal met afgryse gevul.
21
Hulle sal sê: ‘Dit was die huis van ’n bose mens, die plek van iemand wat deur God verwerp is.’”
← Chapter 17
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 19 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42