bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Job 40
Job 40
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 39
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 41 →
1
Die Here het toe vir Job uit ’n storm geantwoord:
2
“Gaan staan regop soos ’n man. Ek wil ’n paar vrae aan jou stel. Jy moet My antwoord.
3
“Wil jy sê dat Ek verkeerd is? Wil jy My veroordeel sodat jy geregverdig kan wees?
4
Is jy so sterk soos God? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor?
5
Laat jou gesag dan geld. Tree op in jou koninklike majesteit.
6
Gee uiting aan jou woede sodat dit oorkook oor die hoogmoediges en hulle verneder.
7
Vernietig slegte mense met een blik. Loop oor die goddeloses.
8
Begrawe almal in die stof. Sluit hulle toe in die graf.
9
Selfs Ek sal jou dan prys, want jy sal jou deur jou eie krag kan red.
10
“Kyk na die seekoei*. Ek het hom gemaak net soos Ek jou gemaak het. Hy vreet gras soos ’n bees.
11
Hy het ’n kragtige liggaam met sterk spiere.
12
Sy stert is so reguit soos ’n seder. Sy boudspiere is inmekaargevleg.
13
Sy bene is soos bronspype. Sy ledemate so sterk soos yster.
14
Dit is ’n uitstekende voorbeeld van God se handewerk. Net sy Maker kan hom in toom hou.
15
Die berge lewer vir hom voedsel, en al die wilde diere speel daar.
16
Hy lê onder waterplante. Hy skuil tussen die riete in die moeras.
17
Hy skuil in die skadu van die waterplante tussen die wilgers langs die rivier.
18
As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie. Hy is rustig selfs as die Jordaan rondom hom bruis.
19
Niemand kan hom van voor af pak en ’n ring in sy neus sit nie.”
20
“Kan jy ’n krokodil* met ’n hoek vang? Kan jy ’n tou bind om sy bek?
21
Kan jy ’n lyn steek deur sy neus of sy kake met ’n haak deurboor?
22
Sal hy by jou pleit om genade, of soebat om vir hom jammer te wees?
23
Sal hy instem om vir jou te werk? Kan jy van hom ’n slaaf maak vir die res van sy lewe?
24
Sal jy hom mak maak soos ’n voëltjie, of vir hom ’n leiband aansit as ’n speelding vir jou dogters?
25
Sal handelaars hom wil koop? Kan hulle hom verkoop in hulle winkels?
26
Kan jy sy vel deurboor met pyle, of sy kop met ’n harpoen?
27
Lê gerus jou hand op hom! Jy sal vir altyd die geveg onthou en dit nooit weer waag nie.
28
Jy probeer verniet om hom te vang. Die jagter is oorweldig as hy hom net sien.”
← Chapter 39
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 41 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42