bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Job 28
Job 28
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 27
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 29 →
1
“Mense weet hoe om silwer te myn en goud te suiwer.
2
Hulle weet hoe om yster uit die grond te haal en koper te smelt uit klip.
3
Hulle weet hoe om lig te maak in die donker en verken die verste, donkerste dele van die aarde op soek na erts.
4
Hulle sink ’n mynskag diep in die aarde, ver van waar mense woon. Dan swaai hulle heen en weer aan toue.
5
Die aarde waaruit brood voortkom, word diep onder oopgebreek met vuur.
6
Mense kan saffiere uit die rots en goudstof uit die stof haal.
7
Dit is skatte wat geen roofvoël kan sien nie, en geen arendsoog kan bespeur nie.
8
In diep myne het geen wilde dier nog gekom, geen leeu het daar geloop nie.
9
Mense weet hoe om rotse te breek en die wortels van berge om te keer.
10
Hulle maak tonnels in die rotse en kry daar kosbare skatte.
11
Hulle dam strome op en bring verborge skatte na die lig.
12
“Maar weet mense waar om wysheid te vind? Waar sal hulle soek vir begrip?
13
Niemand weet waar om dit te vind nie. Nêrens tussen die lewendes is dit te vind nie.
14
‘Dis nie hier nie,’ sê die oseaan. ‘Dis ook nie by my nie!’ sê die see.
15
Jy kan dit nie met goud koop nie, jy kan nie silwer daarvoor afweeg nie.
16
Die waarde daarvan is meer as al die goud van Ofir, en groter as die kosbare stene van oniks of saffiere.
17
Wysheid is meer kosbaar as goud en kristal. Jy kan dit nie koop met goud-gemonteerde juwele nie.
18
Koraal en kosbare kristal kan dit nie betaal nie. Wysheid het meer waarde as pêrels.
19
Topaas uit Etiopië* kan nie daarvoor ingeruil word nie, want die waarde daarvan is meer as die suiwerste goud.
20
Maar weet mense waar om wysheid te vind? Waar kan hulle insig kry?
21
Dit is weggesteek. Geen lewende wese kan dit sien nie. Selfs die voëls in die lug kan dit nie bespeur nie.
22
Maar Verwoesting en Dood sê: ‘Ons het ’n gerug gehoor waar jy wysheid kan kry.’
23
God ken die weg daarheen, Hy alleen weet waar dit te vind is,
24
want Hy kyk oor die hele aarde en sien alles onder die ganse hemel.
25
Hy laat die winde waai en Hy bepaal hoeveel reën moet val.
26
Hy maak die wette van die reën, en berei ’n pad vir die weerlig.
27
Nadat Hy dit alles gedoen het, het Hy wysheid gesien en dit afgemeet. Hy het dit gevestig en deeglik getoets.
28
Dit is wat Hy vir die mensdom sê: ‘Om die Here te dien is ware wysheid. Om die kwaad te vermy is ware insig.’”
← Chapter 27
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 29 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42