bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Job 3
Job 3
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 4 →
1
Ten einde laaste het Job begin praat. Hy het die dag waarop hy gebore is, vervloek.
2
Hy het gesê:
3
“As my geboortedag tog nooit aangebreek het nie, en die nag toe daar gesê is: ‘’n Seun is gebore.’
4
As daardie dag tog donker gebly het en God daarbo dit nie raakgesien het nie, en geen lig daardie dag geskyn het nie!
5
Mag duisternis en donkerte dit weer opeis en ’n wolk dit oorskadu. Mag donkerte die dag verskrik.
6
Mag diep duisternis daardie nag wegneem. Mag dit nooit getel word as ’n dag in die jaar nie. Mag dit nie tussen die maande verskyn nie.
7
Mag daardie nag onvrugbaar gebly het. Mag dit vir niemand enige vreugde bring nie.
8
“Mag mense wat dae vervloek, ook hierdie dag vervloek, so ook die mense wat die seemonster* kan oproep.
9
Die sterre van daardie oggend moes verduister gewees het. Die dag moes tevergeefs gewag het op lig en nie die dag sien breek het nie.
10
Want dit het nie verhoed dat ek gebore word nie, het nie smart vir my weggesteek nie.
11
“Hoekom het ek nie by geboorte gesterf en omgekom terwyl ek gebore is nie?
12
Hoekom was daar ’n skoot om my op neer te sit, twee borste waaraan ek kon drink?
13
Want dan sou ek in vrede in die graf kon lê, en rustig in die dood geslaap het
14
saam met konings en raadgewers van die aarde wat puinhope herbou het,
15
met vorste wat goud besit het en huise vol silwer.
16
Hoekom is ek nie maar in die grond weggesteek soos ’n misgeboorte, soos ’n doodgebore kind wat nie die daglig gesien het nie?
17
Daar staak die goddeloses die onrus, en daar kan die vermoeides rus.
18
Gevangenes geniet hulle rus, hulle hoor nie die stem van die slawedrywer nie.
19
Daar is geringes en vernames gelyk, en die slaaf is vry van sy baas.
20
“Hoekom gee God lig aan mense wat moeg is, lewe vir die wat verbitterd is?
21
Hulle wens dat hulle kan doodgaan, maar die dood ontwyk hulle. Hulle soek die dood eerder as verborge skatte.
22
As hulle uiteindelik doodgaan, is dit vir hulle ’n groot verligting en vreugde.
23
Hoekom moet mense wat niks van die toekoms verwag nie, aanhou lewe, mense vir wie God aan swaarkry oorgegee het?
24
Versugting is my voedsel, my kreune word uitgegiet soos water.
25
Dit waarvoor ek gevrees het, het oor my gekom. Dit waarvoor ek bang was, het nou met my gebeur.
26
Ek ken geen rus en vrede nie. Daar is vir my geen blaaskans meer nie, net moeilikheid.”
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42