bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Job 4
Job 4
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 5 →
1
Elifas die Temaniet het Job geantwoord:
2
“Sal jy geduldig kan wees sodat ek iets vir jou kan sê? Geen mens kan stilbly nie.
3
Jy het self baie mense wat moed verloor het, moed ingepraat. Jy het swakkes ondersteun.
4
Jou woorde het almal wat geval het, versterk. Jy het mense wat twyfel, regop gehou.
5
En nou dat die moeilikheid oor jou gekom het, is jy verslae, noudat dit jou getref het, is jy gebroke.
6
Gee dit dan nie vir jou hoop dat jy God aanbid het nie? Moet jy nie juis nou glo dat God sorg vir mense wat Hom dien nie?
7
“Dink daaraan: Het onskuldige mense ooit vergaan? Wanneer is die mens wat God getrou dien, al ooit vernietig?
8
My ondervinding is dat mense wat moeilikheid plant en die bose saai, dit ook sal oes.
9
Deur die asem van God het Hy hulle vernietig. Deur sy woede vergaan hulle.
10
Die gebrul van die leeu, die gegrom van die roofdier, het stilgeraak. Die tande van die jong leeu is uitgeslaan.
11
Sonder prooi gaan die leeu dood, en die welpies loop verlore rond.
12
“Ek het dit eenmaal in die geheim gehoor, asof iemand dit in my oor fluister.
13
Een nag, terwyl ander slaap, het ek dit gesien in ’n gesig wat my verskrik het.
14
Ek was bang. Ek het gebewe van die skok.
15
’n Windvlaag het by my verby getrek, en die hare van my lyf het orent gaan staan.
16
Iets het voor my gestaan, maar ek kon nie uitmaak watter vorm dit het nie. Iets het voor my verskyn en ’n veraf stem het gepraat:
17
‘Kan ’n sterflike mens regverdig wees voor sy Maker, en ’n blote mens rein wees voor sy Skepper?’
18
Selfs sy eie hemelse dienaars kan God nie vertrou nie. Selfs sy boodskappers is voor Hom vol gebreke.
19
Hoe kan Hy ons vertrou wat van klei gemaak is? Ons is van stof gemaak, en word papgedruk, so maklik soos ’n mot.
20
Tussen oggend en aand word hulle vernietig, onopsigtelik vergaan hulle vir altyd.
21
Hulle tentpenne word uitgetrek, en hulle sterf sonder om wysheid te leer.”
← Chapter 3
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 5 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42