bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Isaiah 2
Isaiah 2
Afrikaans 1983
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 3 →
1
Die openbaring wat Jesaja seun van Amos ontvang het oor Juda en Jerusalem.
2
Daar kom 'n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, 'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Al die nasies sal daarheen stroom,
3
baie volke sal daarnatoe gaan en sê: “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer, en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here.”
4
Hy sal oordeel tussen die nasies, regspreek oor baie volke. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie.
5
Kom, volk van Jakob, laat ons lewe in die lig wat van die Here af kom.
6
U het u volk Jakob verstoot: hulle gee hulle oor aan die waarsêery van die ooste, beoefen towery soos die Filistyne en hou saam met vreemdes vas aan bygeloof;
7
hulle land lê vol silwer en goud, daar is geen einde aan hulle skatte nie; hulle land loop vol perde, daar is geen einde aan die getal van hulle strydwaens nie;
8
hulle land is vol afgode, hulle buig voor die maaksel van hulle hande, voor wat hulle vingers gemaak het.
9
So het mense hulleself verneder en tot 'n val gekom. U moet hulle dit nie vergewe nie.
10
Vlug die rotse in, kruip weg in die grond vir die verskrikking wat van die Here kom en vir die glans van sy majesteit.
11
Die hoogmoediges sal tot 'n val kom, die selfversekerdes sal verneder word. Op dié dag sal net die Here hoog wees.
12
Die Here die Almagtige het 'n dag bepaal teen al wat trots en hoog is, teen alles, hoog en laag,
13
teen al die hoë en verhewe seders van die Libanon en teen al die groot bome van Basan;
14
teen al die hoë berge en teen al die steil rante;
15
teen elke hoë toring en teen elke skansmuur;
16
teen al die handelskepe en teen al die vaartuie vol kosbaarhede.
17
Die hoogmoediges sal verneder word, die selfversekerdes sal tot 'n val kom. Op dié dag sal net die Here hoog wees.
18
Die afgode sal heeltemal verdwyn.
19
As die Here die aarde begin skud, vlug die mense in grotte in die rotse en in gate in die grond in vir die verskrikking wat van Hom kom en vir die glans van sy majesteit.
20
Daardie dag sal die mense die afgode van silwer en goud wat hulle gemaak het om voor te buig, weggooi vir die rotte en die vlermuise.
21
As die Here die aarde begin skud, sal hulle die rotsholtes en die klipskeure invlug vir die verskrikking wat van Hom kom en vir die glans van sy majesteit.
22
Moenie op mense staatmaak nie: hulle blaas so maklik die laaste asem uit. Hulle is min werd.
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66