bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Isaiah 57
Isaiah 57
Afrikaans 1983
← Chapter 56
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 58 →
1
Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; dié wat aan die verbond getrou is, sterf sonder dat iemand begryp dat dit deur die boosheid in die wêreld is dat die regverdiges sterf.
2
Dié wat die reguit pad loop, kom waar daar vrede is, hulle rus in die graf.
3
Maar kom julle nader hierheen, kinders van 'n towerheks, julle wat gebore is uit owerspel en hoerery!
4
Met wie wil julle spot? Teen wie wil julle grootpraat, vir wie wil julle tong uitsteek? Julle is niks anders as 'n klomp rebelle nie, 'n broeisel leuenaars!
5
Julle dien die afgode met julle wellus onder die groot bome, onder elke groen boom. Julle offer julle kinders in die laagtes en onder die oorhangende rotse.
6
Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte, daar soek julle julle deel. Vir hulle bring julle drankoffers en offer julle graanoffers. Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?
7
Op die hoë berge het jy 'n plek ingerig vir jou onsedelikheid en daarheen opgeklim om offers te bring.
8
Agter jou deure en aan jou kosyne het jy beeldjies opgehang. In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek, op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak. Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het. Jy het hulle naaktheid geniet.
9
Jy het na Molek toe gegaan met olie en met baie wierook; jy het jou boodskappers na ver plekke toe gestuur, selfs tot by die doderyk!
10
Jou soekery het jou moeg gemaak; tog het jy nie gesê: “Dit is sinloos!” nie. Jou wellus het jou aanhou oorweldig, daarom het jy nie opgehou nie.
11
Vir wie was jy so bang en bevrees dat jy vals geword het? Jy dink nie meer aan My nie, jy steur jou nie meer aan My nie. Ek het lank geswyg toe jy My nie meer gedien het nie,
12
maar nou sal Ek jou skynheiligheid aan die kaak stel, alles wat jy gedoen het, en jou gode sal jou nie kan help nie.
13
As jy om hulp roep, moet jou spul gode jou kom red, maar 'n wind waai hulle almal weg, 'n yl luggie vat hulle weg. Maar wie by My skuil, sal die land besit en my heilige berg as eiendom ontvang.
14
Die Here het gesê: Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed! Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk.
15
So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in 'n hoë en heilige plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.
16
Ek reken nie vir altyd sondes toe nie, Ek bly nie vir altyd toornig nie, want anders sou dit die einde beteken van die mens, die mens aan wie Ek die asem gegee het.
17
Ek het toornig geword oor my volk se sonde en hebsug, Ek het hom geslaan en hom verlaat omdat Ek toornig was. Hy was opstandig en het sy eie koers ingeslaan.
18
Ek het gesien wat met hom gebeur, en Ek sal hom genees. Dié van hom wat treur, sal Ek lei en terugbring; Ek sal vir hulle uitkoms gee.
19
Ek stel hulle in staat om My weer te loof. Vrede vir dié wat ver is, vrede vir dié wat naby is, sê die Here. Ek sal hulle genees.
20
Maar die goddeloses is soos die onstuimige see wat nie tot rus kan kom nie en waarvan die golwe aanhou om slyk en modder uit te stoot.
21
Vir die goddeloses is daar geen vrede nie, sê my God.
← Chapter 56
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 58 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66