bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Isaiah 3
Isaiah 3
Afrikaans 1983
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 4 →
1
Die Here die almagtige God gaan uit Jerusalem en Juda elke stut en steunpilaar verwyder: almal wat sorg vir brood en water,
2
elke weerbare burger, elke soldaat, regter, profeet, waarsêer, leier,
3
offisier, hoë amptenaar, raadgewer, kundige vakman en ervare besweerder.
4
Die Here sal aan onvolwassenes gesag gee oor die volk, wispelturige mense sal oor hulle heers.
5
Die volk sal mekaar te lyf gaan, man teen man, vriend teen vriend; seuns sal grysaards te lyf gaan, en dié wat nie gesag het nie, die vooraanstaandes.
6
As iemand sy broer in die ouerhuis pak en sê: “Jy het darem nog behoorlike klere, wees ons leier en regeer oor hierdie vervalle spul,”
7
sal hy op daardie dag uitroep: “Ek wil nie die leiding neem nie! Daar is nie kos en ook nie behoorlike klere in my huis nie; moet my nie aanstel as leier van die volk nie.”
8
Jerusalem het gewaggel, Juda het in duie gestort omdat hulle hulle met woord en daad teen die Here en teen sy gesag verset het.
9
Hulle partydigheid in die regspraak getuig teen hulle. Hulle sondig openlik soos Sodom, hulle steek niks weg nie. Ellende wag vir hulle, hulle het die ramp verdien!
10
Sê vir die regverdiges met húlle sal dit goed gaan; hulle sal die vrug van hulle dade geniet.
11
Maar ellende wag vir die skuldiges; wat hulle gedoen het, sal aan húlle gedoen word.
12
My volk het kinders as regeerders, vrouens as heersers. My volk, jou leiers verlei jou en bring jou van koers af.
13
Die Here is gereed vir die regsaak, Hy staan klaar om oor die volk te oordeel.
14
Die Here begin die saak teen die leiers en die hoë amptenare van sy volk: Julle het die wingerde gestroop; wat van die hulpeloses geroof is, lê in julle huise.
15
Wat besiel julle dat julle my volk vertrap en die hulpeloses verdruk? vra die Here my God, die Almagtige.
16
Verder het die Here gesê: Omdat die vrouens van Sion hoogmoedig is en kop in die lug rondloop terwyl hulle ogies maak, wegstap met trippelgang en hulle enkelringe laat rinkel,
17
sal Ek, die Here, hulle hare afskeer. Ja, die Here sal hulle koppe kaalskeer.
18
Op dié dag sal die Here die versiersels wegneem: enkelringe, sonnetjies en maantjies,
19
oorbelletjies en armbande, sluiers
20
en hooftooisels, voetkettinkies, versierde gordels, reukwater en gelukbringertjies,
21
ringe en neusringe,
22
feesklere, mantels en tjalies, handsakkies
23
en spieëltjies, spogrokkies, kopdoekies en skouermanteltjies.
24
In plaas van reukwater sal daar stank wees, in plaas van 'n gordel 'n tou, in plaas van gekrulde hare 'n kaalkop, in plaas van 'n fyn kledingstuk 'n harige roukleed, in plaas van skoonheid die brandmerk van 'n slaaf.
25
Jerusalem, jou manne sal deur die swaard val en jou jongmanne in die oorlog.
26
Jou poorte sal treur en rou, en jy sal sonder mense sit.
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66