bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Isaiah 21
Isaiah 21
Afrikaans 1983
← Chapter 20
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 22 →
1
'n Uitspraak van die Here teen Babel: Soos warrelwinde deur die Suidland trek, so kom daar iemand uit die woestyn, uit die land waarvoor almal bang is.
2
'n Harde oordeel is aan my geopenbaar: die verraaier pleeg verraad, die verwoester saai verwoesting. Elam, jy moet oorlog maak! Medië, jy moet begin veg! Die Here maak 'n einde aan al die lyding.
3
Skrik oorweldig my, angs oorval my soos dié van 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring. Ek is verskrik oor wat ek gehoor het, ek is bang oor wat ek gesien het.
4
My verstand staan stil, angs oorweldig my, die rustigste deel van die dag is nou vir my 'n verskrikking.
5
'n Tafel word gedek, die eetgerei is reggesit, hulle begin eet en drink! Dan kom die bevel: “Leiers, wees gereed! Smeer die skilde met olie!”
6
So het die Here vir my gesê: Sit 'n wag uit, hy moet sê wat hy sien.
7
As hy 'n strydwa sien, 'n strydwa met perde, of 'n strydwa met donkies, of een met kamele, moet hy baie goed oplet.
8
Die wag het uitgeroep: “Meneer, ek het die hele dag deur wag gestaan, ek het die hele nag op my pos gebly.
9
Daar kom 'n man op 'n strydwa, 'n strydwa met perde. Hy hou aan roep: Geval, geval het Babel, al sy afgodsbeelde lê stukkend op die grond!”
10
My volk, jy wat vertrap is op die dorsvloer, ek het vir jou gesê wat die Here vir my gesê het, die Almagtige, die God van Israel.
11
'n Uitspraak van die Here teen Duma: Iemand roep na my van Seïr af: “Wag, wanneer is die nag verby? Wag, wanneer is die nag verby?”
12
Die wag antwoord: “Die môre het gekom, maar dit is nog nag. As julle weer wil kom vra, kom vra gerus, julle kan elke keer weer kom vra.”
13
'n Uitspraak van die Here teen Arabië: Handelaars van Dedan, julle wat in die bosse van Arabië oornag,
14
gee water vir dié wat dors het; julle wat in Tema woon, bring kos vir die vlugtelinge!
15
Die mense vlug vir die oorlog: vir die swaard wat wil doodmaak, vir die boog wat reg is om te skiet. Die mense vlug vir die wrede oorlog.
16
Dit het die Here vir my gesê: Binne 'n jaar, 'n jaar wat so ondraaglik sal wees soos dit vir 'n dagloner is, sal daar 'n einde kom aan Kedar se rykdom.
17
Selfs van sy dapper soldate wat met pyl en boog veg, sal maar min oorbly! Die Here die God van Israel het dit gesê.
← Chapter 20
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 22 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66