bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Isaiah 23
Isaiah 23
Afrikaans 1983
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 24 →
1
'n Uitspraak van die Here teen Tirus: Huil, bemannings van die skepe wat op pad is na Tarsis toe, want julle moederstad is verwoes. Julle het dit gehoor toe julle van Kittiërland af gekom het.
2
Julle moet stil wees, inwoners van die eiland, julle wat handel dryf met Sidon, julle wie se rykdom oor die see aankom!
3
Oor die groot waters word die graan van die Sigor, die oes van die Nyl, na Tirus toe gebring; daarmee dryf die nasies handel.
4
Laat sak jou kop in skaamte, Sidon, want die see, die vestingstad van die see, sê: “Ek het nooit geboortepyne gehad nie, ek het nie kinders in die wêreld gebring nie; ek het nie jongmanne grootgemaak, dogters opgevoed nie.”
5
Die Egiptenaars sal skrik wanneer hulle die berig oor Tirus hoor.
6
Julle moet na Tarsis toe vaar. Huil, inwoners van die eiland!
7
Is dit die stad wat altyd feesgevier het, die stad wat al so lank bestaan, die stad wie se mense in ver lande gaan woon het?
8
Wie het die besluit geneem oor die ondergang van Tirus, Tirus wat krone vir konings uitgedeel het, wie se handelaars soos prinse ontvang is, wie se sakelui die meeste op die aarde geëer is?
9
Die Here die Almagtige het dit besluit. Hy breek die trots, Hy maak die hoogmoed tot niks, Hy verneder dié wat oor die hele aarde geëer word!
10
Bewerk julle grond soos dit by die Nyl gedoen word, inwoners van Tarsis, want daar is nie meer 'n hawe om mee handel te dryf nie.
11
Die Here het sy hand oor die see uitgesteek en Hy skud die koninkryke. Hy het bevel gegee om Fenisië se vestingstede te vernietig.
12
Hy het gesê: “Sidon, jou dae van feesvier is op 'n end, jy sal verwoes word. Maak klaar, vlug oor na die Kittiërs toe! Ook dáár is nie rus vir jou nie.”
13
Kyk na die Galdeërs se land, sy volk bestaan nie meer nie: hulle land is deur die Assiriërs 'n woonplek vir woestyndiere gemaak, die Assiriërs het stormramme daarteen opgerig en die paleise platgestamp, dit 'n puinhoop gemaak.
14
Huil, bemannings van die skepe wat op pad is Tarsis toe, want die stad waarvan julle afhanklik was, is verwoes.
15
In daardie tyd sal Tirus sewentig jaar lank vergete lê, die leeftyd van 'n koning. Aan die einde van die sewentig jaar sal dit met Tirus gaan soos in die lied oor die prostituut:
16
“Vat jou lier, stap deur die stad, vergete prostituut! Speel mooi, sing baie liedjies sodat hulle weer aan jou kan dink!”
17
Na sewentig jaar sal die Here vir Tirus herstel. Die stad sal weer handel dryf, hy sal weer met al die koninkryke van die aarde sake doen.
18
Sy wins en verdienste sal vir die Here afgesonder word, dit sal nie opgegaar of gebêre word nie, want sy wins sal bestem wees vir dié wat in die diens van die Here is, om vir hulle volop kos en mooi klere te koop.
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 24 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66