bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Isaiah 34
Isaiah 34
Afrikaans 1983
← Chapter 33
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 35 →
1
Kom nader, nasies, luister! Gee aandag, volke! Die aarde met alles daarop moet hoor, die wêreld en alles wat hy voortbring.
2
Die toorn van die Here is teen al die nasies gerig, sy woede teen al hulle leërmagte. Hy gaan hulle heeltemal uitroei, hulle prysgee om doodgemaak te word.
3
Hulle dooies sal net so bly lê, hulle lyke sal stink, en die berge sal van hulle bloed deurdrenk word.
4
Al die hemelliggame sal wegsmelt; die hemel sal soos 'n boekrol toegerol word en al die sterre sal hulle glans verloor soos die blare van 'n wingerdstok of van 'n vyeboom wat verdroog.
5
Wanneer my swaard so uit die hemel uit die bloed van die nasies laat vloei het, sal hy afkom op Edom, op die volk wat Ek heeltemal wil uitroei wanneer Ek hom straf.
6
Die swaard van die Here is vol bloed en drup van die vet: die bloed van lammers en bokramme, die niervet van skaapramme. Die Here hou 'n offerfees in Bosra, Hy rig 'n groot slagting aan in Edom.
7
Die buffels val saam met die mense, die bulkalwers saam met die bulle. Hulle land is deurdrenk van die bloed, die grond is deurweek van die vet.
8
Die dag van die wraak van die Here het gekom, die jaar van vergelding ter wille van Sion se saak.
9
Die riviere van Edom sal in teer verander, sy grond in swael: sy land word een stuk brandende teer.
10
Dit sal bly brand, dag en nag; die rook sal aanhou opstyg. Geslagte lank sal die land in puin lê; tot in die verre toekoms sal niemand ooit weer daar rondtrek nie.
11
Uile en kraaie sal hom in besit neem en hulle daar tuismaak. Die Here sal sy maatlyn span en sy skietlood aanlê en bepaal dat die land onbewoonbaar en leeg moet word.
12
Vir dié wat in Edom gesag uitgeoefen het, sal daar nie meer 'n koninkryk wees nie, al sy leiers sal daarmee heen wees.
13
Dorings sal in sy paleise opkom, brandnetels en dissels in sy vestings, hy sal 'n lêplek vir jakkalse, 'n tuiste vir volstruise wees.
14
Wildehonde en hiënas sal mekaar daar kry, veldgode sal na mekaar roep en die naggees sal daar bly en 'n woonplek vind.
15
Uile sal daar nes maak en eiers lê, hulle sal op die eiers sit en dit uitbroei. Die aasvoëls sal daar vergader, elkeen met sy wyfie.
16
Kyk gerus in die boek van die Here en lees: nie een van dié diere sal daar ontbreek nie, nie een sal sonder 'n wyfie wees nie. Die Here het die bevel gegee en sy Gees laat hulle daar bymekaarkom.
17
Hy het self die land deur loting onder hulle verdeel. Hulle besit dit vir altyd, hulle sal daar woon deur geslagte heen.
← Chapter 33
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 35 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66