bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 1
Isaiah 1
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 2 →
1
Hierdie is ’n aantal boodskappe in verband met Juda en Jerusalem wat God vir Jesaja die seun van Amos in die vorm van visioene gegee het. Hy het hierdie visioene gesien in die tyd toe Ussia, Jotam, Agas en Hiskia die konings van Juda was.
2
Hemel en aarde, julle moet getuies wees van wat die Here gesê het: Die kinders wat Ek grootgemaak en versorg het, het nou teen My in opstand gekom.
3
’n Dier soos ’n bees ken sy baas se stem en selfs ’n donkie weet goed waarheen om te gaan om kos te kry, maar nie my volk Israel nie. Dit maak nie saak wat Ek doen nie, hulle verstaan niks.
4
Daar wag baie swaarkry op julle, julle sondige volk, want julle almal is skuldig. Julle is ’n klomp korrupte, nikswerd kwaaddoeners! Julle het My, die Here, die heilige God van Israel, verwerp en die neus vir My opgetrek. Dit maak nie saak wat Ek probeer doen het nie, julle het die rug vir My gedraai en julle eie rigting ingeslaan.
5
Wat gaan aan met julle, hoekom hou julle aan om in opstand te kom? Hou julle daarvan om gestraf te word? Kyk hoe lyk julle al, julle is al siek na liggaam en gees.
6
Van kop tot tone is daar nie meer ’n gesonde plek aan julle nie. Julle is die ene kneusplekke, slaanmerke en rou wonde. En hulle is nie skoongemaak of verbind of selfs met salf behandel nie.
7
Kyk hoe lyk julle land, dis verwoes. En julle stede is afgebrand. Julle kan maar net sit en kyk hoe vreemde mense julle lande kaalstroop en verwoes sonder dat julle iets daaromtrent kan doen.
8
Dit is nog net Jerusalem wat oor is. Nie dat dit baie beteken nie, want die stad is so weerloos soos ’n oppasser se hutjie in ’n wingerd of ’n skerm in ’n groentetuin. Jy kan maar sê die stad is klaar omsingel, dit moet nog net ingeneem word.
9
As die Here die Almagtige nie ’n klompie van ons laat oorbly het nie, sou ons net soos Sodom en Gomorra totaal verwoes gewees het.
10
Julle is eintlik net so skuldig soos daardie twee dorpe. So, luister nou na die Here, julle leiers van Sodom. Let op, mense van Gomorra, want God wil julle iets leer.
11
Wat het Ek met hierdie klomp offers van julle te doen? wil die Here weet. Watter betekenis het skape wat geoffer word of die vet van voerbeeste? Ek steur My doodeenvoudig nie meer daaraan nie. Selfs die bloed van beeste, skape en bokke is nie meer vir My aanvaarbaar nie.
12
Wie het julle gevra om die voorportale van my tempel so te kom vertrap met hierdie waardelose offers? Julle trap net die plek vuil met al hierdie diere.
13
Hou op om hier aan te kom met julle offers. Ek sien reg deur julle skynheiligheid! Julle wierookoffers stink vir My! Ek kan dit nie vat dat julle aanhou sonde doen en dan nog steeds ewe vroom hier na die tempel toe kom vir die nuwemaansfeeste en sabbatvierings nie.
14
Ek haat julle rusdae en feeste. Ek is moeg daarvoor, Ek kan dit nie meer verdra nie.
15
Al steek julle julle hande uit na My toe as julle bid, Ek kyk nie eens na julle nie. Julle kan soveel bid as wat julle wil, Ek sal nie na julle luister nie, want julle is almal ’n klomp moordenaars.
16
Gaan kry eers julle lewens reg. Hou op om al hierdie verkeerde goed te doen. Los die slegte goed waarmee julle besig is!
17
Leer eerder hoe om weer goed te doen en sorg dat mense billik en onpartydig behandel word. Help dié wat misbruik word en beskerm die regte van dié wat nie vir hulleself kan sorg en nie al die geleenthede in die lewe het nie.
18
Kom ons handel dié saak nou af, sê die Here. Dit maak nie saak hoe diep die vlekke van julle sonde is nie, Ek kan dit skoonmaak. Al was julle bloedrooi gevlek van die sonde, kan Ek dit wegwas en julle so wit laat word soos sneeu wat nou net geval het. Selfs al is die vlekke van julle sonde purperrooi, sal Ek julle skoonmaak sodat julle so wit soos splinternuwe wol sal lyk.
19
As julle na My wil luister en My toelaat om julle te help, sal julle ’n goeie bestaan in hierdie land kan maak,
20
maar as julle weier en aanhou rebelleer, staar julle oorlog in die gesig. Dit is wat die Here gesê het.
21
Jerusalem, hoe het jy nie verander nie! Die stad wat eens op ’n tyd getrou was aan die Here het soos ’n ontrou straatvrou geword wat agter ander mans aanloop. Daar was ’n tyd dat jy ’n plek was waarin eerlike en ordentlike mense gebly het, maar jy het nou ontaard in ’n wegkruipplek vir moordenaars.
22
Eens op ’n tyd was jy soos egte silwer, so mooi en so skoon, maar nou het jy soos ’n stuk nuttelose lood geword, soos goeie wyn wat met water verdun is en na niks smaak nie.
23
Jou leiers is oproermakers, hulle grootste vriende is skelms, want hulle is almal korrup en alte lief vir omkoopgeskenke. Maar as dit by die weeskinders en die weduwees kom wat gehelp moet word, wil hulle niks met die saak te doen hê nie.
24
Daarom sê die Here, die magtige God van Israel wat seggenskap het oor alles: Ek sal met julle, my vyande, afreken sodat julle My nie verder kan pla nie.
25
Ek gaan teen julle optree. Soos ’n mens silwer smelt en al die onsuiwerheid daaruit haal, so gaan Ek julle smelt en al die gemors uit julle uitkry.
26
Ek sal weer vir jou goeie leiers en raadgewers gee soos dié van vroeër. Dan sal Jerusalem weer die stad van geregtigheid wat getrou is aan die Here, genoem word.
27
Omdat die Here regverdig is, sal Hy al die mense van Jerusalem red wat hulle sonde bely en terugdraai na Hom toe.
28
Maar Hy sal al die sondaars en opstandiges saam vernietig. Hy sal dié wat die rug vir Hom gedraai het, voor Hom wegvee.
29
Dan sal julle skaam kry oor die akkerbome wat julle aanbid het as heilige bome en die tuine waar julle so graag geoffer het.
30
Dan sal julle self soos verdroogde akkerbome lyk, soos ’n tuin wat nooit water kry nie.
31
Die sterkste onder julle sal soos ’n hoop droë strooi wees. Die vonk wat hierdie strooi aan die brand steek en laat uitbrand, is niks anders as julle eie dade nie. Daar sal niemand wees wat hierdie vuur kan blus nie.
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 2 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66