bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 31
Isaiah 31
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 30
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 32 →
1
Daar wag swaarkry op dié wat by Egipte hulp gaan soek. Hulle maak staat op Egipte se geweldige militêre mag; op hulle soldate en hulle strydwaens. In plaas daarvan om op die heilige God van Israel te vertrou is dit waar hulle vertroue lê.
2
Die Here is tog die Een wat weet wat Hy doen. Dit is Hy wat die rampe stuur. Niks laat Hom van plan verander nie. Hy sal die kwaaddoeners en hulle bondgenote saam straf.
3
Die Egiptenaars is mense, beslis nie gode nie, en hulle perde is vlees en bloed, beslis nie bonatuurlike wesens nie. Wanneer die Here sy arm optel en hulle klap, val hulle om soos ’n veertjie; die arme swakker nasie wat op hulle vertrou het, word deur dieselfde lot getref. Hulle sal saam vernietig word.
4
Die Here het vir my gesê: Soos ’n leeu of ’n jong leeu, nadat hy ’n skaap gevang het, lê en grom om dit op te pas en hom nie steur aan die geraas van die groep skaapwagters wat hom probeer verjaag nie, net so laat die Here niemand toe om te probeer vat wat aan Hom behoort nie. Daar is niks wat die Here die Almagtige kan keer om te kom en op die berg Sion te kom veg vir wat Syne is nie.
5
Net soos ’n voël heen en weer oor sy nes vlieg om dit te beskerm, so sprei Ek, die Here die Almagtige, my arms oor Jerusalem uit om die stad te beskerm.
6
My volk, al is julle opstandige rebelle, draai terug na die Here toe!
7
Ek weet daar kom ’n dag dat julle almal al die sondige goue en silwer afgodsbeelde wat julle gemaak het, sal weggooi.
8
Dan sal die Assiriërs doodgemaak word, maar nie met mensgemaakte wapens nie. Nee, hulle sal vlug voor die Here en hulle jongmans sal weggevat word om slawearbeid te gaan verrig.
9
Assirië se koning op wie hulle al hulle hoop gevestig het, sal paniekbevange op die vlug slaan. Hulle offisiere sal vol vrees van die slagveld af weghardloop en hulle soldate net so in die steek laat. So sê die Here ter ere van wie die vuur op die altaar in Sion vir die offers brand en ter ere van wie die altaar in Jerusalem van die brandoffers rook.
← Chapter 30
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 32 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66