bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 23
Isaiah 23
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 24 →
1
Die Here se boodskap om Tirus se straf aan te kondig: Huil, matrose van Tarsis wat van die ver lande af op pad is terug huis toe, want Tirus, julle veilige hawe, is verwoes. Die gerugte wat julle in Siprus gehoor het, is waar.
2
Sidon se kusbewoners en handelaars is stomgeslaan van die skok. Hulle het verteenwoordigers in alle rigtings oor die see gestuur om handel te dryf.
3
Hulle het graan uit Egipte uit ingevoer van die vrugbare Nylgebied af en dit dan weer aan die ander nasies teen ’n wins verkoop.
4
Laat sak jou kop in skaamte, Sidon, jy wat ’n groot hawestad was. Nou is jy die een wat sê: “Ek het nooit kinders, seuns of dogters, in die wêreld gebring of grootgemaak nie.”
5
Vir die Egiptenaars sal die nuus oor Tirus ’n geweldige skok wees.
6
Vaar terug Tarsis toe en huil, julle wat langs die kus bly.
7
Hoe kan hierdie grafstil puinhoop al wees wat oor is van die stad wat altyd feesgevier het? Is dit die stad met die roemrykste geskiedenis van al die nedersettings wat hulle oor die hele wêreld gevestig het?
8
Wie het hierdie ramp oor Tirus gebring? Tirus het tog koninkryke opgebou, sy handelaars is soos prinse behandel, hulle was van die mees gerespekteerde mense in die wêreld.
9
Dit is die Here die Almagtige wat dit gedoen het om hulle hoogmoed oor hulle prestasies te breek en om sy ongelukkigheid met hulle vername handelaars en hulle verwaandheid te wys.
10
Vir die inwoners van Tarsis bly daar net een moontlikheid oor as hulle wil oorleef, en dit is om te begin om hulle lande te bewerk en self te boer, want die hawe is tot niet.
11
Die Here het sy hand oor die see uitgesteek om die koninkryke van die aarde te skud. Hy het die opdrag gegee dat die handelstede van die Fenisiërs verwoes moet word.
12
Hy sê: Jou dae van feesvier is vir altyd verby. Jy was op jou tyd ’n pragtige stad vol lewe, maar daardie tyd is verby. Jy was ’n magtige stad, maar nou kry jou mense swaar. Selfs al vlug hulle Siprus toe, sal hulle nie veilig wees nie.
13
Dit is die Babiloniërs wat Tirus gaan vernietig en nie die Assiriërs nie. Hulle sal vestingwalle bou om oor die stad se mure te klim en al die paleise daarin afbreek sodat die stad soos ’n puinhoop sal lyk. Die enigste inwoners wat sal oorbly, is die woestyndiere wat tussen die puin sal loop en snuffel.
14
Julle moet treur, matrose, want die stad waarop julle altyd staatgemaak het, is verwoes.
15
Vir 70 jaar, die leeftyd van ’n koning, sal Tirus vergete lê. Na hierdie tyd sal dit met Tirus gaan soos die lied oor die prostituut sê:
16
“Vat jou harp en stap deur die stad, jou arme vergete prostituut! Sing en speel mooi liedjies sodat die mans jou weer kan onthou.”
17
Na die 70 jaar om is, sal die Here Tirus weer laat herleef. En die stad sal weer handel dryf soos voorheen en weer sakevennote oor die hele wêreld hê.
18
Maar hierdie keer sal al die handelswinste vir die Here gegee word. Dit sal nie weer opgegaar en gebêre word nie. Uit hierdie winste sal kos en klere gekoop word vir die mense wat die Here dien en aanbid.
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 24 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66