bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 16
Isaiah 16
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 15
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 17 →
1
Die vlugtelinge by Sela in die woestyn stuur lammers Jerusalem toe as ’n teken van onderdanigheid aan die koning van Juda.
2
Hulle fladder heen en weer by die driwwe van Arnon rond soos ’n klomp verskrikte voëls wat uit hulle neste verdryf is.
3
Hulle pleit by die inwoners van Juda: “Gee vir ons raad! Doen tog iets om ons te help. Beskerm ons en gee vir ons skuilplek waar ons nie gesien kan word nie, want ons vyande is warm op ons spoor. Ons is vlugtelinge, moet ons nie aan ons vyande uitlewer nie.
4
Laat die vlugtelinge uit Moab tog by julle bly totdat die gevaar verby is. Beskerm ons teen ons vyande wat ons wil vernietig.” As die krisis verby is en die verwoesting ophou en die invalsmagte uit die land uit is,
5
sal die Here, omdat Hy getrou bly aan sy beloftes, ’n goeie regeerder in Jerusalem aan bewind laat kom. Hierdie koning uit Dawid se nageslag sal betroubaar wees en hy sal hom beywer vir wat reg is.
6
Ons het gehoor van Moab se hoogmoedigheid. Ongelukkig was al hierdie hovaardigheid en grootpratery niks anders as leë woorde nie.
7
Daarom huil al die Moabiete oor wat met die land gebeur het. Hulle huil van verslaentheid as hulle besef dat die lekkernye van Kir-Geres iets van die verlede is.
8
Die plase in die omgewing van Gesbon is verwoes en die wingerde by Sibma is verdroog. Hierdie wingerde se wyn het baie konings en heersers dronk gemaak. Hulle ranke het welig en ver gegroei, van Jaser in die noorde deur die woestyn tot by die Dooie See in die suide.
9
Ek huil saam met Jaser se mense oor die wingerde van Sibma. Die trane loop oor my wange as Ek aan Gesbon en Elale dink, want daar is nie sprake van ’n oes waaroor die mense bly kan wees nie.
10
Die vrolike stemme in die vrugteboorde is stil, niemand sing meer in die wingerde nie. Niemand trap meer wyn in die parskuipe nie, want die Here het ’n einde gemaak aan al die oesvreugde. Daar is niks om te oes nie.
11
Ek treur oor Moab, my trane rol saam met die hartseer klanke van die harp. Ek rou oor Kir-Geres.
12
Ten spyte van al die moeite wat die mense van Moab doen om vir hulle gode by hulle offerplekke op die heuwels te gaan offer en hulle om hulp en raad te smeek, help dit hulle niks.
13
Die Here het al vantevore hierdie dinge van Moab gesê.
14
Nou sê Hy dit weer: Oor drie jaar, en hierdie drie jaar sal net so noukeurig afgetel word soos ’n gehuurde werker die oorblywende dae van sy kontrak aftel, sal Moab se mag en hoogmoed beëindig word. Van sy geweldige bevolking sal net ’n hand vol oorbly en hulle sal in elk geval tot niks in staat wees nie.
← Chapter 15
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 17 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66