bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 13
Isaiah 13
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 12
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 14 →
1
Jesaja, Amos se seun, het die volgende visioen oor Babel se straf gesien:
2
Hys die vlag wat die teken is dat die aanval moet begin op ’n oop heuwel. Roep die soldate bymekaar en moedig hulle aan om die hoogmoedige stad Babel aan te val.
3
Ek, die Here, is in beheer van hierdie soldate. Ek het hierdie dapper vegters laat kom om my oordeel te voltrek. Hulle het net een doel voor oë en dit is om vir my eer te veg.
4
Luister na die gedreun op die berge, dit is ’n geweldige groot leër wat aankom. Hierdie leër bestaan uit baie nasies en koninkryke wat hulle magte saamspan. Hulle is op pad omdat die Here die Almagtige besig is om ’n leër bymekaar te maak vir oorlog.
5
Hulle kom van ver af, van die verste uithoeke van die wêreld af. Deur hulle gaan die Here hierdie land verwoes.
6
Begin solank huil, want die dag van die Here se oordeel is baie naby en dit is ’n dag van verwoesting.
7
Almal sal lam word van die skrik en vreesbevange bly staan.
8
Angs sal hulle oorval soos ’n vrou wat skielik deur kraampyne oorval word, en hulle sal mekaar verskrik aankyk, bleek van die vrees.
9
Die dag van die Here is ’n werklikheid. Op dié dag sal sy woede en straf losbars en sal Hy daardie land en al sy sondige inwoners vernietig.
10
Dan sal die sterre van die hemel en die sterrebeelde wat hulle vorm nie meer blink nie. Al sou die son opkom, sou dit nie meer skyn nie en die maan sal nie lig gee nie.
11
Ek gaan die land straf oor sy sonde en die goddelose mense oor hulle misdade. Ek gaan die verwaandheid van die arrogante mense uitwis. Ek sal hulle bespotlik maak.
12
Daar sal maar min mense oorbly nadat Ek met hulle klaar is. Hulle sal baie skaarser wees as die suiwer goud uit Ofir.
13
Die hemel sal skud en die aarde sal uit sy plek geruk word die dag wanneer Ek, die Here die Almagtige, my woede laat losbars.
14
Al die uitlanders wat in Babel bly, sal na hulle eie land toe padgee. Hulle sal terugvlug na hulle eie land en hulle eie mense toe, nes wildsbokke wat gejag word of skape sonder ’n herder.
15
Want as iemand gevang word, sal hy op die plek doodgemaak word.
16
Hulle sal hulpeloos moet staan en toekyk hoe hulle babatjies voor hulle oë doodgemaak word, hulle huise geplunder word en hulle vroue verkrag word.
17
Kyk, Ek gaan die Mediërs opsweep om Babel aan te val, want hulle kan nie met geld omgekoop word nie.
18
Hulle soldate sal die jongmense met hulle pyle afmaai. Daar sal nie genade wees vir die babatjies of die klein kindertjies nie, hulle sal hulle voor die voet doodmaak.
19
God sal die asemrowende stad Babel, die trots van die Babiloniese volk, in ’n ashoop omskep, net soos Hy met Sodom en Gomorra gemaak het.
20
Geslagte sal kom en gaan, maar niemand sal ooit weer daar bly nie. Nie eens die mense wat rondtrek op soek na beter weiding sal hulle tente daar wil opslaan sodat hulle diere daar kan wei nie.
21
Dit sal ’n plek word waar die wilde woestyndiere gaan aas en die uile hulle nes in die murasies maak. Volstruise sal tussen die murasies rondloop en die wilde bokke sal oor die hope klippe spring op soek na iets om te eet.
22
Die hiënas se gelag sal in die afgebreekte torings van die paleise weerklink en die jakkalse se gehuil in die murasies van die huise. Babilon se dae is getel, sy ondergang is nie meer ver nie.
← Chapter 12
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 14 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66