bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 11
Isaiah 11
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 10
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 12 →
1
Ten spyte daarvan dat die nageslag van Dawid getref word soos ’n boom wat afgekap word, sal daar tog weer uit die stomp van Isai wat oorbly, ’n takkie begin groei. Uit die ou wortel wat nog in die grond was, sal ’n nuwe tak uitkom wat sal vrugte dra.
2
Die Gees van die Here sal in hom wees en sal hom help om situasies reg op te som en die regte besluite te neem. Die Gees sal hom toerus om ’n vaardige koning te wees wat weet wat hy wil doen. Hy sal onder leiding van die Gees in ’n intieme verhouding met die Here leef en Hom met eerbied dien.
3
Dit sal vir hom ’n vreugde wees om die Here te dien. Hy sal nie mense op hulle baadjie takseer of toelaat dat skinderpraatjies hom mislei as hy ’n besluit moet neem nie.
4
Hy sal die armes se hofsake regverdig behartig en die behoeftiges se regte beskerm. Maar teen die goddeloses sal hy genadeloos optree en hulle uitroei.
5
Hy sal sy mense regverdig behandel en met integriteit optree.
6
In daardie tyd sal ’n wolf en ’n lammetjie saam bly; die luiperd sal tussen die boklammers lê en slaap. Kalwers en vetgevoerde beeste sal loop en wei terwyl die leeus tussen hulle rondloop, en klein kindertjies sal hulle oppas.
7
Koeie en bere sal saam wei terwyl hulle kleintjies by mekaar lê. In dié tyd sal leeus net soos beeste van gras leef.
8
Babas sal by die gate van giftige slange kan speel en al sou ’n klein kindjie uit nuuskierigheid sy hand in die gat steek waarin daar ’n giftige slang is, sal hy niks oorkom nie.
9
In God se nuwe wêreld sal daar nie meer misdaad en korrupsie wees nie, want net so vol as wat die see met water is, so vol sal die aarde wees met kennis van die Here se wil.
10
In daardie tyd sal die nuwe koning uit die geslag van Dawid ’n teken wees vir al die nasies. Hy sal aansien onder die nasies hê en hulle sal met respek van hom praat.
11
In dié tyd sal die Here weer sy mag gebruik om die mense wat van sy volk oorgebly het, terug te bring uit die lande waar hulle was: Assirië, Egipte, Patmos, Soedan, Elam, Babilonië, Hamat en van die kusstreke af en die eilande in die Middellandse See.
12
Die Here sal vir die volke ’n teken gee om vir hulle te wys dat Hy die mense uit Israel en Juda wat oor die aarde verstrooi is, bymekaarmaak van die verste hoeke van die aarde af.
13
Die noordelike stamme van Efraim se jaloesie teenoor Juda sal iets van die verlede wees.
14
Hulle sal saamspan en die Filistyne in die weste aanval en daarna die volke wat in die ooste woon se gebiede ook plunder. Hulle sal die Edomiete en die Moabiete verslaan en die Ammoniete hulle onderdane maak.
15
Die Here sal die Nyldelta heeltemal laat opdroog en ’n droë, warm wind oor die Eufraatrivier laat waai om dit op te droog totdat daar net sewe waterstroompies oorbly waardeur enigeen sonder moeite sal kan stap.
16
Hy sal vir die mense uit sy volk wat in Assirië oorgebly het, op hierdie manier ’n wye pad maak om mee terug te kom, net soos Hy vroeër met Israel gemaak het toe Hy hulle uit Egipte laat wegtrek het.
← Chapter 10
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 12 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66