bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 17
Isaiah 17
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 16
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 18 →
1
Die Here se boodskap om Damaskus se straf aan te kondig: Damaskus gaan ophou om ’n stad te wees; al wat van die stad gaan oorbly, is ’n puinhoop.
2
Die dorpies van Aroër sal so verlate wees dat die kleinvee daar sal gaan lê en rus sonder dat iemand hulle verwilder.
3
Israel sal magteloos wees en Damaskus sal sy onafhanklikheid verloor. Die klompie Siriërs wat oorbly, sal net so hulpeloos wees soos die noordelike stamme wat nou in Israel woon, sê die Here die Almagtige.
4
Daardie dag sal Israel se mag tot niet gaan en sy rykdom sal in armoede verander.
5
Israel sal so verlate en kaal gestroop wees soos ’n land in die Refaimvallei wat klaar geoes is en waarvan selfs die laaste koringare wat in die land agtergebly het, opgetel is.
6
Daar sal net ’n paar mense in die land oorbly, net soos daar altyd ’n paar verlore olywe oorbly nadat ’n mens die rypes afgeslaan het. Dalk twee of drie aan die heel boonste toppe of vier of vyf aan ’n ander tak, sê die Here die God van Israel.
7
Op daardie dag sal die mense weer hulp gaan soek by die Here wat hulle gemaak het, en respek hê vir die heilige God van Israel.
8
Dan sal hulle nie meer op die altare en die afgode wat hulle self gemaak het, vertrou nie. Hulle sal nie meer die beelde van Asjera aanbid en wierook op hulle altare vir die gode brand nie.
9
In daardie tyd sal Israel se versterkte stede verlate lê, toegegroei onder die bossies, net soos die stede van die Hewiete en die Amoriete toe hulle destyds uit vrees vir die Israeliete uit hulle stede gevlug het.
10
Julle vra hoekom? Omdat jy, Israel, die rug gedraai het vir die Here wat jou nog altyd gehelp het. Julle het vergeet dat die Here altyd die rots was waar julle veilig kon wegkruip vir julle vyande. So, plant maar lote en lê die mooiste tuine aan vir julle afgode vir wie julle so lief is.
11
Al sou die onmoontlike gebeur en hierdie plante dadelik begin groei en blom en die lote vrugte dra, sal julle dit nie oes nie. Die enigste oes wat op julle wag, is siekte en onhoudbare pyn.
12
Luister, hoor die dreuning! Magtige nasies is aan die optrek, hulle opmars klink soos die gedruis van die see en die geluid van groot branders wat op die strand breek.
13
Maar ten spyte van al die geraas laat die Here hulle in hulle spore omdraai en kan hulle nie vinnig genoeg weghardloop nie. Voor die Here se mag is hulle soos strooi wat deur die wind weggewaai word of stof wat deur ’n warrelwind opgewaai word.
14
In die aand is hulle nog ’n bedreiging wat Israel paniekbevange laat wegkruip, maar teen dagbreek is daar niks of niemand van hulle oor nie. Dit is die beloning van dié wat die besittings van die volk van die Here plunder en vernietig.
← Chapter 16
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 18 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66