bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
/
Isaiah 8
Isaiah 8
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
← Chapter 7
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 9 →
1
Die Here het vir my gesê: Vat ’n stuk skryfpapier en skryf hierdie naam duidelik met ink daarop: Plunder-en-Roof-is-Naby.
2
Ek het twee betroubare getuies, Uria die priester en Sagaria die seun van Jeberekja, gekry om te bevestig dat Ek hierdie naam reeds neergeskryf het, nog voordat die kind verwek is.
3
’n Ruk later het my vrou swanger geword. Die kind wat gebore is, was ’n seun. Die Here het toe vir my gesê: Noem hom: “Plunder-en-Roof-is-Naby,”
4
want nog voordat hierdie kind pappa of mamma sal kan sê, sal die koning van Assirië beide Damaskus en Samaria inneem en al hulle skatte as buit vir homself vat.
5
Die Here het weer met my gepraat en gesê:
6
Omdat hierdie volk die rustige stroompie van die Siloagkanaal verag het en bang geword het vir Resin en Peka,
7
sal Ek die koning van Assirië met sy volle mag op hulle laat neerkom. Hulle sal lyk soos die Eufraatrivier in volle vloed wat besig is om sy walle te oorstroom.
8
Die vloed sal skouerhoog deur Juda spoel. O Immanuel, hy sal soos ’n reuseroofvoël wees wat sy vlerke oor jou hele land uitsprei.
9
Luister hier, julle vreemde lande en ver plekke van die aarde, julle kan maar julle oorlogskrete uitskree, ons skrik nie, dit is julle wat gaan weghardloop van vrees. Maak gerus reg vir oorlog, maar terselfdertyd ook vir die paniek wat julle gaan oorweldig.
10
Julle kan soveel planne maak as wat julle wil, dit sal nooit werk nie. Daar sal niks van al julle samewerkingsooreenkomste kom nie, want God is by ons.
11
Die Here het my baie ernstig gewaarsku om nie hierdie volk se voorbeeld te volg nie. Hy het gesê:
12
Moenie alles wat hierdie volk ’n sameswering noem net so aanvaar nie. En moenie skrik en bang wees vir alles waarvoor hulle bang is nie.
13
Onthou, die Here is die Almagtige. As daar Een is vir wie julle bang moet wees, is dit vir Hom; daarom moet julle Hom eer.
14
Hy beplan julle ondergang. In plaas daarvan dat Hy vir julle soos ’n oorhangende rots is waaronder ’n mens kan skuil, is Hy vir die twee koninkryke van Israel soos ’n struikelblok. Vir die inwoners van Jerusalem is Hy ’n strik waarin hulle gevang word.
15
Baie van hulle sal struikel en val om nooit weer op te staan nie, baie sal in die strik gevang word.
16
Ek sal al hierdie dinge wat die Here vir my gesê het, neerskryf. My opvolgers sal dit bewaar en aan die volgende geslag oorlewer.
17
Ek vertrou op die Here. Al praat Hy nie nou met Israel nie, wag ek geduldig om te sien wat Hy gaan doen.
18
Hier is ek en die kinders wat die Here my gegee het met hulle name wat sy planne uitspel. Ons is lewende getuies in Israel van die Here die Almagtige wat op die berg Sion woon.
19
Waarom probeer julle dan dinge oor die toekoms by mediums en spiritiste uitvind? Moenie na hulle gemompel en binnensmondse gebrom luister nie. Moenie dat mense julle vertel dat die lewendes by die dooies moet gaan raad vra nie. ’n Volk moet tog hulle God vir raad vra.
20
Hou vas aan die dinge wat die Here vir julle geleer en gewys het. As mense ’n ander rigting as hierdie inslaan, is hulle toekoms duister.
21
Hulle sal verward en uitgehonger in die land rondtrek. Die honger sal so erg word dat hulle hulle koning en hulle God sal uitskel.
22
Hulle sal hulp soek in die hemel en op die aarde, maar daar sal nie vir hulle hulp wees nie, net benoudheid en pikdonker ellende.
23
Nogtans sal hierdie ellendige donker tyd nie vir altyd aanhou nie. Die gebiede van Sebulon en Naftali sal binnekort verneder word, maar in die toekoms sal die pad na die See van Galilea, die Jordaanstreek en die gebied van die heidene in ere herstel word.
← Chapter 7
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 9 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66