bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Isaiah 3
Isaiah 3
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 4 →
1
Die Here, die Here, die Almagtige, sal die kos- en watervoorrade van Jerusalem en Juda afsny.
2
Hy gaan elkeen van die leiers van die volk vernietig: helde, soldate, regters, profete, waarsêers, ouderlinge,
3
leëroffisiere, eerbare burgers, adviseurs, kundige vakmanne en deskundige besweerders.
4
Dan sal Hy kinders aanstel wat oor hulle sal regeer, en wetteloosheid sal uitbreek.
5
Mense sal mekaar inloop — man teen man en vriend teen vriend. Jongmense sal teen gesag in opstand kom, en veragtes sal op eerbare mense neersien.
6
In daardie tyd sal ’n man vir sy broer sê: “Omdat jy behoorlike klere het, moet jy ons leier kom wees! Kom regeer oor die ruïnes.”
7
“Nee!” sal hy antwoord. “Ek kan nie help nie. Ek het nie ekstra kos en klere in my huis nie. Moet my nie vra om betrokke te raak nie!”
8
Van Juda en Jerusalem sal net ruïnes oorbly omdat hulle met woord en daad die Here teenstaan en hulle nie steur aan sy heerlike teenwoordigheid nie.
9
Hulle gesigte gee hulle al weg dat hulle skuldig is. Hulle sondig openlik soos die mense van Sodom. Hulle steek dit nie eens weg nie. Hulle het hulle eie ondergang bewerkstellig!
10
Sê vir die regverdige: “Dit sal goed gaan met jou. Julle sal kry wat julle verdien!”
11
Maar verwoesting wag vir die bose. Hulle gaan ook kry wat húlle verdien.
12
Kinders verdruk my volk en vroue heers oor hulle. My volk, julle leiers vat julle op die verkeerde pad, na julle vernietiging toe.
13
Die Here maak Hom klaar om die volk te oordeel. Hy staan reg om téén sy mense op te tree!
14
Die leiers en regeerders gaan die eerste wees wat die Here se oordeel beleef. “Julle het die wingerd geruïneer. Israel is my wingerd. Julle het die armes besteel, hulle eiendom vir julle gevat.
15
Hoe kon julle dit waag om my volk en die armes so in die stof in te trap?” vra die oppermagtige Here, die Almagtige.
16
Verder sal die Here ’n oordeel uitspreek oor die vroue van Jerusalem, wat met hulle neuse in die lug rondloop, met ringe wat rinkel aan hulle enkels. Hulle oë soek tussen die skare, hulle flankeer met elke man.
17
Die Here sal hulle koppe ontsier. Ja, die Here sal hulle bles maak.
18
Daardie dag stroop die Here hulle swierigheid, die bande om hulle koppe, die hangertjies in die vorm van ’n halfmaan,
19
oorringe, armbande en sluiers,
20
hooftooisels, voetkettinkies en versierde gordels. Hulle gelukbringertjies sal weg wees,
21
hulle ringe en neusringe,
22
partytjieklere, mantels, tjalies en handsakkies,
23
spieëltjies, fyn linneklere, kopdoekies en tjalies.
24
In plaas daarvan dat hulle na reukwater ruik, sal hulle stink. Hulle sal toue vir gordels dra, en hulle mooi gekamde hare sal uitval en bles word. In die plek van hulle mooi klere sal hulle ’n roukleed dra. In die plek van hulle skoonheid sal hulle die brandmerk dra van ’n slaaf.
25
Die manne van die stad sal in die oorlog doodgemaak word, en die soldate in die geveg.
26
Die ingange van Jerusalem sal rou en huil. Die mense van die stad sal verlate op die grond sit.
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66