bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Isaiah 7
Isaiah 7
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 6
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 8 →
1
Gedurende die regering van koning Agas van Juda, seun van Jotam en kleinseun van Ussia, het koning Resin van Aram en koning Peka van Israel, seun van Remalja, Jerusalem aangeval. Die stad het die aanval oorleef.
2
Die nuus het die koninklike hof bereik: “Aram het ’n bondgenootskap met Israel teen ons gesluit!” Toe het die koning en sy mense soos bome in ’n stormwind gebewe van vrees.
3
Die Here het vir Jesaja gesê: “Gaan uit om koning Agas te ontmoet, jy en jou seun Sear-Jasub. Jy sal die koning kry waar hy op pad is na die veld waar klere gebleik word, by die punt van die kanaal uit die boonste dam.
4
Sê vir hom hy moet versigtig wees en kalm bly en nie bang word nie. Hy moet nie moedeloos word oor die woede van hierdie twee uitgebrande stukke hout nie, vir koning Resin van Aram en Peka, seun van Remalja nie.
5
“Ja, die konings van Aram en Israel is op pad om jou aan te val. Hulle sê:
6
‘Kom ons val Juda binne en jaag sy mense die skrik op die lyf. Kom ons vat dit vir onsself en stel die seun van Tabeal aan as koning.’
7
“Maar so sê die oppermagtige Here: Hierdie inval sal nooit gebeur nie,
8
want Aram is nie sterker as sy hoofstad, Damaskus, nie. En Damaskus is nie sterker as sy koning Resin nie. Wat Israel betref, binne 65 jaar sal die volk heeltemal vernietig wees.
9
Israel is nie sterker as sy hoofstad, Samaria, nie. En Samaria is nie sterker as sy ko-ning, Peka seun van Remalja, nie. Julle glo My nie? As julle My nie wil vertrou nie, sal julle nie staande bly nie.”
10
Nie lank hierna nie het die Here my met hierdie boodskap na koning Agas gestuur:
11
“Vra vir ’n teken van die Here jou God, enigiets wat jy wil, en maak dit so moeilik as wat jy kan.”
12
Maar die koning het geweier. “Nee,” het hy geantwoord, “ek sal nie die Here beproef nie.”
13
Toe het Jesaja gesê: “Luister baie mooi, julle koninklike familie van Dawid! Julle is nie tevrede om my geduld te beproef nie. Nou beproef julle God se geduld ook!
14
Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.
15
Teen die tyd dat die seun oud genoeg is om dikmelk en heuning te eet, sal hy genoeg weet om te kies wat reg is en te verwerp wat verkeerd is.
16
Maar voordat hy kan kies tussen reg en verkeerd, sal die twee konings vir wie jy so bang is, albei dood wees.
17
“Die Here sal binnekort verskriklike tye oor jou, jou volk en jou familie bring, erger as in al die jare vandat Salomo se koninkryk in Israel en Juda geskeur het: Hy bring die magtige koning van Assirië met sy groot leër!”
18
Daardie dag sal die Here fluit vir die vlieë wat by die verste riviere van Egipte is, en vir bye in Assirië.
19
Hulle kom in groot hordes en gaan die hele land tref. Hulle sal in die diep valleie, gate in die rotse, al die doringbosse en weivelde gaan sit.
20
Daardie dag sal die Here hierdie skeermes gebruik, die Assiriërs wat julle gehuur het om julle te beskerm. En Hy sal alles afskeer: die hare op julle kop, julle beenhare en julle baarde.
21
Hierna sal ’n boer gelukkig wees as hy ’n jong koei en twee skape oorhet.
22
Die min mense in die land sal van dikmelk en wilde heuning leef omdat dit al is wat die land produseer.
23
Daardie dag sal duisend wingerdstokke, wat omtrent 11,4 kilogram silwer werd is, vol dorings en dissels staan.
24
Die hele land sal vol dorings en dissels staan. ’n Mens sal ’n pyl en boog moet saamvat as jy soontoe wil gaan.
25
Niemand sal na die vrugbare heuwels gaan waar die landerye was nie omdat dit met dorings en dissels oortrek sal wees. Beeste en skape sal daar wei.
← Chapter 6
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 8 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66