bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Isaiah 8
Isaiah 8
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 7
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 9 →
1
Die Here het weer met my gepraat: “Maak ’n groot bord en skryf duidelik hierdie naam daarop: Maher-Shalal-Hash-bas, wat Plunder en roof is naby beteken.
2
Ek het Urija die priester en Sagaria seun van Jeberekja gevra om te bevestig wat ek geskryf het. Hulle was albei betroubare mense.
3
Hierna het ek by my vrou wat ook ’n profeet was, geslaap en sy het verwagtend geword. Sy het geboorte gegee aan ’n seun. Die Here het gesê: “Noem hom: Plunder-en-Roof-is-Naby.
4
Hierdie naam profeteer dat nog voor die kind oud genoeg sal wees om ‘Pappa’ of ‘Mamma’ te sê, die koning van Assirië Damaskus en Samaria sal binneval en al hulle besittings sal wegdra.”
5
Die Here het weer met my gepraat en gesê:
6
“Die volk van Juda het Siloag se kalm waters verwerp en bly geword oor wat met koning Resin en koning Peka gaan gebeur.
7
Daarom sal die Here húlle oorweldig met ’n magtige vloed, die Eufraatrivier — die koning van Assirië in al sy glorie. Die rivier gaan oor sy oewers stoot, oor al sy walle spoel.
8
Die vloed sal jou land oorspoel, van die een kant tot die ander kant toe, Immanuel.
9
“Die Assiriërs sal roep: ‘Doen julle bes om julleself te verdedig, maar julle sal verpletter word. Luister, al julle nasies! Maak reg vir die geveg — om doodgemaak te word! Ja, om doodgemaak te word!
10
Roep maar julle adviseurs bymekaar om strategieë vir die geveg vir julle te beplan! Maak maar planne! Dit sal nie help nie. Want God is met ons!’”
11
Die Here het in die sterkste terme vir my verduidelik: “Moenie dink soos al die ander dink nie!
12
Moenie alles wat die volk ’n sameswering noem as ’n sameswering beskou nie en moenie bang wees waarvoor die volk bang is nie.
13
Moenie vir enigiets of enigiemand bang wees nie, behalwe vir die Here, die Almagtige. Hy alleen is die Heilige Een. As julle Hom vrees, hoef julle vir niemand anders bang te wees nie.
14
Hy sal julle veilig bewaar. Maar vir Juda en Israel sal Hy ’n steen wees wat mense laat struikel en ’n rots wat hulle laat val. En vir die inwoners van Jerusalem sal Hy ’n vangnet wees waarin hulle verstrik raak.
15
Baie van hulle sal struikel en val, om nooit weer op te staan nie. Baie sal gevange geneem word.”
16
Ek wil al hierdie dinge neerskryf as ’n getuienis van wat die Here gaan doen. Ek wil dit aan my volgelinge toevertrou.
17
Ek wil wag op die Here, alhoewel Hy weggedraai het van die mense van Israel. My enigste hoop is op Hom.
18
Ek en die kinders wat die Here my gegee het, het name wat die planne van die Here, die Almagtige, wat op Sionsberg woon, vir sy volk openbaar.
19
Hoekom probeer julle dan om uit te vind wat die toekoms inhou deur mediums en spiritiste te raadpleeg? Moenie na hulle gefluister en gemompel luister nie. Kan die lewendes by die dooies hoor wat die toekoms inhou? Hoekom vra jy nie eerder jou God nie?
20
Gaan terug na wat die Here gesê en beveel het! As julle julle nie daaraan steur nie, is daar geen toekoms vir julle nie.
21
My volk sal as gevangenes weggelei word. Hulle sal moeg en honger wees. En omdat hulle honger is, sal hulle hulle vuis teen die hemel oplig en hulle koning en hulle God vloek.
22
Waar hulle ook al kyk, sal daar net moeilikheid, angs en wanhoop wees. Mense sal in die donkerte uitgegooi word.
23
Nogtans sal daardie tyd van donkerte en wanhoop nie vir altyd aanhou nie. Die land van Sebulon en Naftali sal gou verneder word, maar daar kom ’n tyd dat Galilea van die heidene, wat langs die pad tussen die Jordaan en die see lê, met heerlikheid gevul sal word.
← Chapter 7
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 9 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66