bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Isaiah 33
Isaiah 33
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 32
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 34 →
1
Die verwoesting is vir jou, verwoester wat self nie verwoes is nie. Ellende wag vir jou, verraaier wat self nie verraai is nie! Wanneer jy opgehou het om te verwoes, sal jy self verwoes word. Wanneer jy ophou om te verraai, sal jy self verraai word.
2
Here, wees ons genadig! Ons wag op U! Wees elke dag ons krag, ons redding in tye van nood.
3
Die vyand vlug wanneer hulle u stem hoor. Wanneer U opstaan, vlug die volke.
4
Wat julle vir julleself versamel het, sal verorber word soos sprinkane daarop toesak. Soos ’n swerm sprinkane sal Israel daarop toesak.
5
Die Here is hoog verhewe. Hy woon in die hemel. Hy sal Jerusalem met reg en geregtigheid vul.
6
Lewenslank is Hy jou vaste fondament, ’n ryke voorraad van redding, wysheid en kennis. As jy die Here dien, sal jy al hierdie skatte kry.
7
Jou ambassadeurs huil van teleurstelling, want Assirië het jou versoek vir vrede summier verwerp.
8
Jou weë is verlate. Niemand reis op die paaie nie. Assirië het hulle ooreenkoms met jou verbreek en gee niks om vir die beloftes wat hulle voor getuies gemaak het nie. Hulle het respek vir niemand nie.
9
Die hele land huil en vergaan. Die Libanonberge verwelk. Die Saronvlakte is soos ’n woestyn. Die bome in Basan en Karmel staan kaal.
10
“Nou sal Ek opstaan,” sê die Here. “Nou staan Ek op en laat my mag geld.
11
Wat julle voortbring, is kaf en julle gee geboorte aan strooi. Julle asem is soos vuur wat julleself verteer.
12
Jou mense sal soos kalk verbrand word. Soos afgekapte doringbosse sal hulle verbrand word.
13
“Luister na wat Ek gedoen het, julle nasies wat daar ver is. En julle hier naby, erken my mag.”
14
Die sondaars in Sion bewe van vrees. Die goddeloses is vol angs: “Wie van ons kan dit uithou in ’n verterende vuur? Wie van ons kan uithou in ’n vuur wat aanhou brand?”
15
Net mense wat reg lewe en sê wat reg is, wat weier om deur bedrieëry wins te maak, wat wegbly van omkopery, wat nie luister na moordplanne nie en hulle oë toemaak vir die beplanning van misdade.
16
Sulke mense sal veilig wees. Die rotsvesting beskerm hulle. Hulle sal altyd kos en water in oorvloed hê.
17
Daar kom ’n tyd dat jy self die koning sal sien in al sy glorie. Jy sal ’n land sien wat strek tot in die verte.
18
Jy sal dan terugdink aan die tyd van angs: “Waar is die een wat ons getel het? Waar is die een wat buit moes weeg? Waar is die een wat ons torings moes opskryf?”
19
Hierdie gewelddadige mense sal skielik weg wees, daardie mense met ’n vreemde, onverstaanbare taal.
20
Jerusalem sal die plek van aanbidding en feeste wees. Jerusalem sal ’n veilige plek wees waar jou tent nie verskuif sal word en sy tentpenne nie uitgetrek sal word of enige van sy toue sal breek nie.
21
Daar sal die Here jou magtige Beskermer wees. Hy sal soos ’n wye rivier wees waarop geen vyand kan oorvaar teen jou nie.
22
Want die Here is ons Regter. Die Here is ons Regeerder. Die Here is ons Koning. Hy is die een wat ons sal red.
23
Die vyand se skeepstoue hang slap. Die maste staan nie regop nie. Die seile is nie gespan nie. God se volk verdeel die oorvloedige buit. Selfs mense wat verlam is, kry genoeg.
24
Die mense van Israel sal nooit weer sê: “Ek is hulpeloos en siek” nie, want die sonde van mense is vergewe.
← Chapter 32
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 34 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66