bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Isaiah 60
Isaiah 60
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 59
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 61 →
1
“Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die Here se heerlikheid skyn op jou.
2
Duisternis kom oor die aarde, donkerte oor al die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy teenwoordigheid.
3
Nasies sal stroom na jou lig, en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.
4
Kyk rondom jou. Hulle kom almal bymekaar. Jou seuns kom uit ver lande. Jou dogtertjies word op die heup gedra.
5
Jy sal dit sien, jou oë sal blink, en jou hart sal bons van vreugde, want handelaars van oor die hele wêreld bring hulle skatte na jou, die rykdom van baie lande.
6
Troppe kamele kom na jou toe, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom, bring goud en wierook om daarmee die lof van die Here te besing.
7
Die kleinvee van Kedar word vir jou gegee. Die ramme van Nebajot is tot jou beskikking. Hulle sal aanvaarbaar wees vir offers op my altare. Ek sal my heerlike tempel nog verder verheerlik.
8
“Wat sien Ek aangesweef kom soos wolke, soos duiwe na hulle neste toe?
9
Die eilande sien op na My, die skepe van Tarsis is heel voor om jou kinders van ver af te bring, saam met hulle skatte, tot eer van die Here jou God, die Heilige van Israel, want Hy het jou laat skitter met sy glans.
10
“Vreemdes sal jou stede herbou, hulle konings sal tot jou diens wees. Ek het jou in woede gestraf, maar in my genade sal Ek My oor jou ontferm.
11
Jou stadshekke sal heeldag en heelnag oop wees, sodat die rykdom van die nasies na jou gebring kan word en die konings in ’n triomftog die stad binnegelei sal word.
12
Die nasie of koninkryk wat jou nie dien nie, sal verdwyn en vernietig word.
13
“Die pragtige bome van die Libanon sal na julle toe kom, die woude vol sipresse, platane en denne. Dit sal gebruik word om my heiligdom te versier. My tempel sal heerlik wees.
14
Die kinders van jou verdrukkers sal voor jou kom buig. Almal wat op jou neergesien het, sal jou voete kom soen. Hulle sal jou noem: die Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel.
15
“Waar jy voorheen verstoot is, gehaat en deur almal vermy, gee Ek jou nou blywende roem, en maak Ek jou ’n vreugde, geslag na geslag.
16
Jy sal die melk van nasies drink, aan ’n koninklike bors drink. Dan sal jy weet dat Ek, die Here, jou Redder en Verlosser, die Magtige van Jakob is.
17
Ek ruil jou brons vir goud, jou yster vir silwer, jou hout vir brons en jou klippe vir yster. Vrede en regverdigheid sal jou heersers wees!
18
Geweld sal verdwyn uit jou land, ja, ondergang en verwoesting van binne jou grense. Redding sal om jou wees soos stadsmure, en almal wat die stad binnekom, sal My loof.
19
Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig verskaf nie, en snags sal jy nie die maan nodig hê vir lig nie, want die Here sal vir altyd jou lig wees, en jy sal roem in jou God.
20
Jou son sal nooit weer ondergaan, of die maan afneem nie. Want die Here sal jou lig wees vir altyd. Jou dae van hartseer het op ’n einde gekom.
21
Al jou inwoners sal regverdig wees. En hulle sal die land vir altyd besit, want Ek sal hulle met my eie hande plant, om my roem te vermeerder.
22
Die kleinste onder hulle sal duisende word, die swakste ’n sterk nasie. Ek is die Here. Wanneer die tyd daarvoor kom, sal Ek dit doen.”
← Chapter 59
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 61 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66