bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans (NLV) 2011
/
Isaiah 57
Isaiah 57
Afrikaans (NLV) 2011
← Chapter 56
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 58 →
1
Die regverdige gaan dood en niemand neem dit ter harte nie. Die getroues kom om voor hulle tyd. En niemand verstaan dat regverdiges sterf om aan boosheid te ontkom nie.
2
Hulle wat opreg leef, gaan na waar daar vrede is, en vind rus in die graf.
3
“Maar kom hier, julle kinders van towenaars, julle afstammelinge van egbrekers en prostitute!
4
Met wie spot julle? Vir wie lag julle en steek julle tong uit? Julle is mos kinders van sondaars, die afstammelinge van leuenaars!
5
Julle brand van wellus onder elke groen boom. Julle slag julle kinders in elke vallei, onder elke oorhangende rots.
6
Julle gode is die gladde rotse in die valleie. Vir hulle het julle drankoffers uitgegiet en graanoffers aangebied. Moet ek tevrede daarmee wees?
7
Op hoë berge en heuwels het jy ’n bed ingerig vir jou onsedelikhede deur afgode te aanbid. Jy het daarheen opgegaan om offers te bring.
8
Agter toe deure het jy jou afgodsbeelde opgestel. Jy was ontrou aan My en het jou kaal uitgetrek. Jy het op die bed geklim, en vir hulle plek gemaak. Jy het ’n verbintenis met jou bedmaats gemaak en hulle naaktheid geniet.
9
Jy het olyfolie en parfuum as offers vir Molek gegee. Jy het boodskappers na ver plekke gestuur, selfs tot in die doderyk.
10
Jy het moeg geword van jou soektog, maar jy het nooit erken: ‘Dit is sinloos!’ nie. Jy het jouself weer versterk, en dan maar net aangegaan.
11
“Hoekom was jy banger vir hulle as vir My? Hoekom onthou jy My nie meer nie en dink jy nie meer aan My nie? Is dit omdat Ek lank stilgebly het, dat jy My nie meer dien nie?
12
Daarom sal Ek jou optrede ontbloot. Jou gode sal jou nie kan help nie.
13
As jy roep om hulp, mag jou klomp afgode jou red! Maar ’n wind sal hulle wegwaai en hulle omstamp. Wie egter tot My sy toevlug neem, sal die hele land erf en my heilige berg besit.”
14
Dan sal die Here sê: “Herbou die pad! Verwyder die rotse en klippe uit die pad van my volk!”
15
So sê die hoë, verhewe Een wat vir altyd bestaan, wie se Naam die Heilige is: “Ek woon in ’n hoë, heilige plek, maar ook saam met die mens wat berouvol en nederig is. Ek gee nuwe krag aan dié wat nederig is en aan dié wat verdruk word, en nuwe krag aan dié wat berouvol is.
16
Want Ek kla nie vir altyd aan nie en bly nie vir lank kwaad nie. Want dan sou dit die einde wees van die mens wat Ek geskep het en aan wie Ek die lewensasem gegee het.
17
Ek was baie kwaad oor my volk se sonde en hebsug. Ek het hulle gestraf en Myself in woede onttrek aan hulle. Maar hulle het net bloot aangehou om te sondig.
18
Ek het gesien wat hulle doen, maar nogtans sal Ek hulle gesond maak! Ek sal hulle begelei en dié wat treur, vertroos.
19
Dan sal hulle My weer loof. En hulle sal vrede hê, almal van ver en naby. Want Ek sal hulle almal genees,” sê die Here.
20
“Maar die goddeloses is soos die onstuimige see. Dit kom nooit tot rus nie. Die golwe hou aan om slyk en modder uit te stoot.
21
Daar is geen vrede vir die bose mense nie,” sê my God.
← Chapter 56
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 58 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66