bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 13
Isaiah 13
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 12
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 14 →
1
Die Here is kwaad vir die stad Babel. Hy het vir Jesaja gewys wat met Babel sal gebeur. Jesaja was die seun van Amos. Die Here het gesê:
2
“Julle moet 'n vlag in die lug hou, julle moet dit doen op 'n berg waar daar nie bome is nie. Julle moet hard skree en die vyande roep, julle moet met die hand vir hulle wys om te kom deur die mooi poorte van die stad Babel.
3
Ek, die Here, het self die soldate gekies om vir My te werk, Ek het hulle geroep om oorlog te maak, want Ek is kwaad vir Babel. Hierdie soldate weet Ek is sterk, en hulle is bly.”
4
Luister, die soldate raas op die berge, daar is baie soldate. Hulle kom uit baie lande, en hulle is bymekaar, 'n mens kan hoor hulle kom. Die Here wat oor alles regeer, het soldate geroep om oorlog te maak.
5
Die Here is kwaad, daarom bring Hy soldate uit 'n ver land om sy werk te doen. Hulle sal die hele land Babel verwoes.
6
Julle moet huil, want die dag van die Here is naby. Die Almagtige God kom om alles te verwoes.
7
Al die mense sal baie bang word. Hulle hande sal pap hang en hulle harte sal bang word en bewe.
8
Hulle sal pyne kry en skrik, hulle sal krom buig soos 'n vrou wat 'n baba kry. Hulle sal kyk na mekaar, en hulle gesigte sal brand van die pyn.
9
Kyk, die dag van die Here sal kom. Die Here sal nie jammer wees vir die mense van Babel nie. Hy is kwaad en Hy sal die land Babel verwoes, Hy sal die mense van Babel doodmaak, hulle is sondaars.
10
Ja, die sterre in die lug sal nie skyn nie, die son sal opkom maar die son sal donker wees, die maan sal nie lig gee nie.
11
Die Here sê: “Ek sal die slegte mense in die wêreld straf, die mense wat verkeerd doen, Ek sal die parmantige en hoogmoedige mense laat sterf, Ek sal die hoogmoedige en wrede mense hard laat val.
12
Die mense wat oorbly, sal baie min wees, hulle sal minder wees as die goud van die land Ofir.
13
“Ek, die Here wat oor alles regeer, is baie kwaad. Die dag sal kom wanneer Ek die mense van Babel sal straf. Dan sal Ek die hemel skud, en die aarde sal bewe. Ek sal die aarde uit sy plek skud.
14
Al die mense van ander lande sal vlug na hulle eie volke toe en na hulle lande. Dit sal wees soos wanneer iemand 'n wildsbok skrikmaak, of soos wanneer die skape weghardloop wanneer niemand hulle oppas nie.
15
Die vyande sal elke mens gryp wat hulle kry en hulle sal hom doodmaak.
16
Die mense van Babel sal sien hoe die vyande hulle babas doodslaan, hulle goed uit hulle huise vat en hulle vroue verkrag.
17
Ek sal die Mediërs stuur om Babel aan te val. Die Mediërs wil nie silwer of goud hê nie, hulle wil oorlog maak.
18
Hulle sal met hulle pyl en boë die jong soldate van Babel doodskiet, en hulle sal nie jammer wees vir babas en kinders nie.”
19
Babel is die mooiste stad in die wêreld, en sy mense is trots op die stad, maar God sal die stad verwoes soos Hy die stede Sodom en Gomorra verwoes het.
20
Daar sal nooit weer mense in Babel woon nie. Nie een Arabier sal sy tent daar opslaan nie, en skaapwagters sal nie hulle skape daar laat rus nie.
21
Woestyn-diere sal in Babel lê, uile sal oral in die huise sit, volstruise sal daar rondloop, en veldgode sal daar dans.
22
Hiënas en jakkalse sal huil in die mooi huise waar die mense van Babel feesgevier het. Die tyd is naby wanneer die Here Babel sal straf. Die stad se dae is verby, die vyande sal dit verwoes.
← Chapter 12
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 14 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66