bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 2
Isaiah 2
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 3 →
1
Die Here het vir Jesaja gewys wat sal gebeur met Juda en Jerusalem. Jesaja was die seun van Amos.
2
Eendag sal die berg waarop die Here se tempel staan, hoër wees en vaster staan as die ander berge en heuwels. Baie volke sal na hierdie berg kom.
3
Die mense van baie volke sal kom en hulle sal sê: “Kom ons gaan op teen die berg van die Here, na die tempel van die God van Jakob. Dan sal Hy vir ons leer wat ons moet doen, en dan kan ons so lewe. Ons moet na Jerusalem gaan, dan sal ons weet wat die Here wil hê ons moet doen en wat Hy vir ons wil sê.”
4
Die Here sal die regter wees tussen die volke, Hy sal die baie volke vrede laat maak met mekaar. Dan sal die volke hulle swaarde en spiese smelt en hulle sal daarvan skerp ysters maak om te ploeg en messe om bome se takke af te sny. Die volke sal nie weer oorlog maak teen mekaar nie en hulle sal ook nie leer om oorlog te maak nie.
5
Kom, nageslag van Jakob, kom ons lewe soos die Here vir ons sê.
6
Waarlik, U het u volk gelos, die nageslag van Jakob want hulle probeer om waarsêers te wees soos die mense in die ooste en soos die Filistyne. Hulle klap hulle hande en probeer om die bose geeste weg te jaag, soos die mense van ander lande.
7
Die land Juda is vol silwer en goud, die mense is baie ryk. Daar is baie perde in die land en die mense het baie oorlogkarre.
8
Die land is vol afgode. Die mense buig voor goed wat hulle self gemaak het.
9
Here, daarom moet U die mense laat buig en U moet hulle verneder. U moet hulle nie vergewe nie.
10
Julle moet wegkruip agter rotse en in gate in die grond, want die Here kom. Wanneer Hy kom, dan sal julle bewe, want Hy is die Koning.
11
Die hoogmoedige mense sal nie weer trots kan wees nie, hulle sal moet buig voor Hom. Net die Here sal op daardie dag belangrik wees.
12
Ja, die dag van die Here sal kom, die Here wat oor alles regeer. Hy sal téén al die hoogmoedige mense wees, teen almal wat dink hulle is belangrik.
13
Hy sal téén al die hoë bome op Libanon-berg en in die land Basan wees,
14
ook teen al die hoë berge en heuwels,
15
teen elke hoë toring en elke sterk muur,
16
teen al die mooi skepe wat na die land Tarsis gaan.
17
Die hoogmoedige mense sal moet buig, die mense wat dink hulle is belangrik, sal verneder word. Net die Here sal op daardie dag belangrik wees.
18
Die afgode sal heeltemal verdwyn.
19
Die mense sal wegkruip agter rotse en in gate in die grond, want die Here sal kom. Hy sal die aarde skud. Almal sal voor Hom bewe, Hy is die Koning.
20
Daardie dag sal die mense hulle afgode weggooi en hulle sal dit vir die rotte en die vlermuise gee, die afgode van silwer en goud wat hulle gemaak het, die afgode voor wie hulle gebuig het.
21
Hulle sal wegkruip in grotte in die berge en tussen klippe, want die Here sal kom. Hy sal die aarde skud. Almal sal bewe voor Hom, Hy is die Koning.
22
'n Mens beteken niks. As hy nie asemhaal nie, dan sterf hy. Julle moenie dink 'n mens kan julle help nie.
← Chapter 1
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 3 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66