bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 59
Isaiah 59
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 58
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 60 →
1
Julle dink dit is die Here wat julle nie kan red nie, julle dink dit is Hy wat julle nie kan hoor nie.
2
Maar dit is julle sondes wat tussen julle en julle God is. Dit is hoekom Hy julle nie wil hoor en julle nie wil sien nie.
3
Julle het mense vermoor, daarom is julle onrein. Julle lieg en julle praat sleg oor ander mense.
4
Daar is niemand wat eerlik praat nie, niemand wat regverdig oor mense oordeel nie. Hulle straf mense oor dinge wat die mense nie gedoen het nie. Hulle laat mense swaarkry wat nie verkeerd gedoen het nie.
5
Hulle is soos mense wat slange se eiers uitbroei. As jy 'n slang se eiers eet, dan sal jy sterf, en as jy op die eiers druk, dan kom daar slange uit. Hulle is ook mense wat drade maak soos spinnekoppe,
6
maar hulle kan nie klere maak van die drade nie, en hulle kan hulle nie daarmee toemaak nie. Alles wat hulle doen, is sonde, hulle hou aan om slegte dinge te doen aan mense.
7
Hulle doen graag slegte dinge, hulle maak graag mense dood. Hulle dink net aan verkeerde dinge om te doen, hulle verwoes en breek alles waar hulle gaan.
8
Hulle weet nie hoe om vrede te maak nie, en ook nie hoe om reg te doen aan ander mense nie. Hulle lewe verkeerd, mense wat lewe soos hulle lewe, sal nie vrede hê nie.
9
Daarom is daar by ons niks wat reg is nie, en niemand by ons doen reg nie. Ons het gewag vir lig, maar daar is net donker, ons het gehoop die lig sal skyn, maar ons loop in die donker.
10
Ons vat-vat aan die muur soos blinde mense, ons voel rondom ons soos mense wat nie kan sien nie. Ons val in die helder dag soos wanneer dit donker is. Ons is soos dooie mense tussen gesonde mense.
11
Ons brom almal soos bere, ons hou aan om te kla soos duiwe. Ons wag dat mense weer reg sal doen aan ons, ons wag dat iemand ons moet help, maar dit gebeur nie.
12
Dit is omdat ons so baie opstandig was teen U. Ons sondes wys ons is skuldig, ons weet ons was baie opstandig, ons ken ons sondes.
13
Ons was opstandig teen die Here, ons het gemaak of ons Hom nie ken nie, ons het weggedraai van ons God. Ons het planne gemaak om slegte dinge te doen aan mense en om opstandig te wees teen die Here. Ons het gedink watter leuens ons kan vertel.
14
Niemand van ons het reg gedoen aan ander mense nie, niemand was regverdig nie. Niemand het die waarheid gepraat in ons strate nie, daar was nie plek vir iets wat reg is nie.
15
Ja, almal het leuens vertel. Wanneer iemand opgehou het om verkeerd te doen, dan het ander mense alles gevat wat hy het. Die Here het alles gesien. Hy was kwaad omdat niemand reg doen nie.
16
Hy het dit gesien en Hy was verbaas dat niemand iets wil doen om dit te verander nie. Daarom het Hy dit self gedoen, met sy eie krag.
17
Die Here het gereedgemaak om reg te doen en om ons te red, Hy wou sy vyande straf oor die dinge wat hulle gedoen het, want Hy was baie kwaad.
18
Hy sal sy vyande straf, ook die vyande in die ver lande langs die see, want Hy is kwaad oor alles wat hulle gedoen het aan sy volk.
19
Al die mense, van die weste tot die ooste, sal bang word wanneer hulle die Naam van die Here hoor, want hulle sal weet Hy is die Koning. Hy sal kom soos 'n vol rivier en soos 'n stormwind.
20
Die Bevryder sal na Sion kom, na die mense in Juda wat ophou om opstandig te wees. Dit sê die Here.
21
Die Here sê: “Ek belowe dat my Gees en my woorde by julle sal bly, en ook by julle nageslag, nou en altyd.”
← Chapter 58
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 60 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66