bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 41
Isaiah 41
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 40
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 42 →
1
Die Here sê: “Al die mense wat woon in die ver lande by die see, al die volke, julle moet stilbly en julle moet luister na My! Julle moet gereedmaak en nader kom en praat. Ons moet saam praat en hoor wie is reg.
2
Wie het die man uit die ooste laat kom, die man wat al die volke en die konings oorwin? Hulle val voor sy swaard en voor sy boog, soos stof of soos kaf wat wegwaai.
3
Hy jaag die volke, niemand stop hom nie, sy voete raak nie aan die grond nie.
4
Wie het dit laat gebeur? Wie het van die begin af gesê wat in die wêreld moet gebeur? Dit is Ek, die Here. Ek was eerste, en wanneer die laaste dinge gebeur, dan sal Ek nog die Here wees.
5
Al die mense wat in die ver lande langs die see woon, al die mense op die aarde, het gesien wat gebeur. Hulle het bang geword en hulle het nader gekom.
6
Hulle help mekaar en sê vir mekaar: ‘Ons moet sterk wees.’
7
Die manne wat beelde maak, sê vir mekaar: ‘Ons het goeie werk gedoen!’ En hulle maak die beeld sterk en hulle slaan die beeld vas met spykers sodat dit nie omval nie.”
8
En Ek sê vir julle: “My dienaars, mense van Israel, nageslag van Jakob wat Ek gekies het, nageslag van my vriend Abraham:
9
Ek het Abraham uit 'n ver land laat kom en Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar, Ek het jou gekies en jou nie vergeet nie.’
10
Julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Julle moenie bang rondkyk nie, want Ek is julle God. Ek sal julle sterk maak en julle help, Ek sal julle vashou met my sterk hand.
11
Kyk, almal wat iets sleg wil doen aan julle, sal teleurgesteld wees. Hulle sal nie weet wat om te doen nie. Die mense wat wil hê dit moet sleg gaan met julle, sal word soos niks, hulle sal sterf.
12
Die mense wat oorlog maak teen julle, sal word soos niks, julle sal hulle soek en julle sal hulle nie kry nie.
13
Ja, Ek, julle God die Here, Ek maak julle sterk, Ek sê vir julle: Moenie bang wees nie, Ek help julle.
14
“Julle is so swak soos 'n wurm, julle is min, maar julle moenie bang wees nie, Ek help julle.” Dit sê die Here, die Heilige God van Israel.
15
“Kyk, Ek het julle soos 'n nuwe dors-slee gemaak, 'n dors-slee wat skerp ysters het. Julle sal berge en heuwels fynmaal en julle sal dit soos kaf maak.
16
Julle sal hulle in die lug opgooi, en die stormwind sal hulle wegwaai. Maar julle sal juig omdat die Here julle God is, julle sal die Heilige God van Israel prys.”
17
“Die mense wat hulleself nie kan help nie en wat arm is, soek water, maar daar is nie water nie. Hulle tonge word droog, want hulle is dors. Ek, die Here, sal vir hulle gee wat hulle vra, Ek, die God van Israel, sal hulle nie alleen los nie.
18
Ek sal die water in riviere laat vloei en Ek sal fonteine oopmaak op die plekke waar daar nou niks plante is nie. Ek sal die droë woestyn verander in 'n plek waar daar baie water is en waar riete groei.
19
Ek sal bome laat groei in die woestyn: sederbome, doringbome, mirteboompies en olienhout, jenewerbome, essenhoutbome en sipresbome.
20
Dan sal die mense wat dit sien, weet dat Ek, die Here, dit gedoen het, Ek, die Heilige God van Israel.”
21
Die Here, die Koning van Jakob, sê vir die gode: “Sê vir Ons wat julle is. Bewys vir Ons dat julle gode is.
22
Sê vir Ons wat later sal gebeur, of sê vir Ons hoekom die dinge gebeur het wat voorheen gebeur het. Sê dit vir Ons sodat Ons daaroor kan dink en kan weet wat later sal gebeur.
23
Sê vir Ons wat later sal gebeur, sodat Ons kan weet julle is gode. Ja, doen enige iets, doen goed of doen sleg, sodat ons dit kan sien en bang kan word vir julle.
24
Maar julle is niks en julle kan niks doen nie. Die mense wat sê julle is hulle gode, doen baie verkeerd.
25
“Ek het 'n man uit die noorde en die ooste laat kom. Hy kom en hy aanbid My. Hy oorwin die mense wat regeer en hy trap op hulle soos 'n pottebakker wat op klei trap.
26
Wie het voor daardie tyd gesê dit sal gebeur sodat Ons dit kon weet en kon sê hy het reg gepraat? Niemand het dit gesê nie, nie een van julle het 'n woord gepraat nie, niemand het gehoor julle sê iets nie.
27
Dit is Ek wat eerste vir Sion, vir Jerusalem, gesê het: ‘Kyk, julle mense kom terug, Ek bring vir julle die goeie nuus.’
28
Ek het gewag dat die gode moet praat, maar nie een het gepraat nie. Daar was nie een wat iets geweet het sodat Ek vir hom kon vra en Hy kon antwoord nie.
29
Nie een van die gode is regtig 'n god nie, hulle kan niks doen nie, en hulle beelde beteken niks.”
← Chapter 40
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 42 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66