bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 23
Isaiah 23
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 24 →
1
Die Here was kwaad vir die mense van die stad Tirus en Hy het teen hulle gepraat. Manne op die skepe van Tarsis, julle moet huil, want Tirus is verwoes. Daar is nie meer huise nie en daar is nie meer 'n hawe vir die skepe nie. Julle het dit gehoor toe julle teruggekom het uit Kittiër-land.
2
Julle wat langs die see woon, julle moet stil wees. Die handelaars van Sidon het julle ryk gemaak.
3
Hulle het uit Egipte koring oor die see na Tirus gebring en hulle het dit aan baie volke verkoop.
4
Mense van Sidon, julle weet nie wat om te doen nie, want die stad wat sterk mure het, die stad by die see, het gepraat en gesê: “Ek het nooit kinders gekry nie, ek het nie jongmans en dogters grootgemaak nie.”
5
Wanneer die Egiptenaars dit hoor, dan sal hulle skrik oor wat met Tirus gebeur het. Hulle sal sê:
6
“Julle wat langs die see woon, julle moet na Tarsis gaan, julle moet huil.
7
Is dit die stad waar die mense vrolik was? Is dit die stad wat al so lank daar is? Is dit die stad van waar mense gegaan het en op ver plekke gaan woon het?
8
Wie het besluit dit moet met Tirus gebeur? Tirus het konings gekies en aangestel om te regeer. Tirus se handelaars was prinse, hulle was die belangrikste mense op die aarde.”
9
Die Here wat oor alles regeer, Hý het dit besluit. Hy het besluit om hoogmoedige mense te straf,
10
om die belangrike mense van die aarde te verneder. Mense van Tirus, julle moet nou in die grond werk soos die Egiptenaars, want daar is nie meer 'n hawe vir julle skepe nie.
11
Wanneer die Here sy hand uitsteek oor die see, dan bewe die konings en hulle mense. Die Here het gesê die vyande moet die stede verwoes in die land van die Fenisiërs, die stede wat sterk mure het.
12
Die Here het gesê: “Sidon, jy sal nie meer vrolik wees en feesvier nie. Die vyande sal jou verwoes. Gaan na die Kittiërs toe. Maar jy sal ook nie daar kan rus nie.
13
Kyk wat het gebeur met die mense van Babel, hulle is nie meer 'n volk nie. Die Assiriërs het oorlog gemaak teen die stad en hulle het die mooi huise verwoes. Babel is nou net 'n hoop grond, 'n plek waar woestyn-diere woon.
14
Die manne op die skepe van Tarsis moet huil, want Tirus is verwoes, die stad waar hulle veilig was in die storms.”
15
In daardie tyd sal die mense vir Tirus 70 jaar lank vergeet. Dit is so lank soos 'n koning lewe. En wanneer die 70 jaar verby is, dan sal Tirus wees soos die slegte vrou van wie hulle in die lied sing. Die woorde van die lied is:
16
Die mense het jou vergeet, slegte vrou. Neem jou lier en loop deur die stad, speel mooi op die lier en sing baie, dan sal die mense weer weet dat jy daar is.
17
Wanneer die 70 jaar verby is, dan sal die Here weer vir Tirus sorg. Die mense van die stad sal weer dinge koop en verkoop by al die volke van die wêreld,
18
maar hulle sal nie hulle geld in die stad bêre nie. Die geld sal aan die Here behoort, en die mense wat die Here dien, sal vir hulleself genoeg kos en mooi klere kan koop.
← Chapter 22
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 24 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66