bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 26
Isaiah 26
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 25
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 27 →
1
Eendag sal die mense van Juda hierdie lied sing in hulle land. Hulle sal sê: “Ons het 'n sterk stad. Die Here het die sterk mure gebou om ons te beskerm.
2
Julle moet die poorte oopmaak sodat die volk kan ingaan, die volk wat doen wat die Here wil hê, die volk wat gehoorsaam is aan Hom.
3
Hierdie volk weet dat die Here hulle sal help. U sal hulle laat rus en vrede vir hulle gee, want hulle glo in U.
4
Julle moet altyd in die Here glo, want as julle by Hom is, dan is julle by 'n rots wat altyd vas staan.
5
Die Here het ons vyande laat afval van hulle hoë mure. Hy het hulle stad en die hoë mure afgebreek tot op die grond.
6
Die mense wat hulleself nie kon help nie en wat arm was, trap nou op daardie stad.”
7
Die mense wat reg doen, se pad is gelyk. Here, U maak dit vir hulle maklik om te lewe.
8
Ons glo altyd in U, ook wanneer U die Regter is. Ons wil altyd u Naam noem en U eer.
9
Ek verlang na U met my hele hart, ook in die nag, en ek soek na U. Wanneer U die Regter is en U straf die mense, dan leer U vir hulle om reg te lewe op die aarde.
10
Maar wanneer U goed is vir die mense wat verkeerd doen, dan leer hulle nie om reg te lewe nie. Hulle hou aan om verkeerd te doen en hulle sien nie dat die Here die Koning is nie.
11
U het u hand opgelig om hulle te straf, maar hulle sien dit nie. Here, wys vir hulle dat U lief is vir u volk. Laat u vyande in die vuur brand wanneer U kwaad word, sodat hulle sal weet hulle kan self niks doen nie.
12
Here, U sal oor ons regeer en vir ons vrede gee, want dit is U wat alles gedoen het wat ons gedoen het.
13
Here, ons God, ander konings het oor ons regeer, maar ons wil net ú Naam onthou.
14
Die ander konings is dood en hulle sal nie weer lewe nie. U het hulle gestraf en U het hulle laat sterf, en niemand dink nou nog aan hulle nie.
15
Here, U het u volk baie laat word, U het hulle baie laat word, U het hulle land groter gemaak, U het gewys U is die Koning.
16
Here, U het u volk gestraf, en toe hulle swaarkry, het hulle na U toe gekom, hulle het gebid en gevra U moet hulle help.
17
Ons was soos 'n vrou wat 'n baba kry, dit was seer, ons het baie pyn gehad. Ons het gebid en gevra U moet ons kom help.
18
Ons liggaam het krom gebuig soos 'n vrou wat 'n baba kry, maar daar het nie 'n baba uit ons gekom nie, daar het niks uitgekom nie. Daar het nie 'n redder uit ons gekom nie, en ook nie mense wat op die aarde kan woon nie.
19
Maar die mense wat aan U behoort en wat gesterf het, sal weer lewe. Ja, julle wat nou dood is, wat in die stof van die aarde lê, julle wat daar in die doderyk is, julle moet wakker word en juig, want soos die dou uit die lug die plante laat groei, so sal die aarde die mense wat gesterf het, weer laat lewe.
20
My volk, julle moet in julle kamers ingaan en julle moet die deure agter julle toesluit. Julle moet wegkruip totdat die Here die ander mense klaar gestraf het.
21
Want die Here kom uit sy woonplek, Hy sal nou die mense op die aarde straf omdat hulle baie sonde gedoen het. Die mense sal moet sê dat hulle ander mense vermoor het, hulle sal nie daaroor kan stilbly nie.
← Chapter 25
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 27 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66