bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 9
Isaiah 9
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 10 →
1
Die volk wat in die donker gelewe het, sien 'n groot lig. 'n Lig skyn oor die mense wat gewoon het in 'n land waar dit baie donker is.
2
Here, U het die mense baie meer laat word en U het hulle baie bly gemaak. Hulle is voor U so bly soos in die tyd wanneer hulle die koring afsny. Hulle juig soos wanneer hulle gewen het in 'n oorlog en wanneer hulle die vyande se goed vir hulleself vat.
3
Ja, hulle was die vyande se slawe, hulle moes jukke dra, en die vyande het hulle met kieries geslaan. Maar U breek die jukke en die kieries soos daardie dag toe Gideon die Midianiete oorwin het.
4
Ja, hulle vat die skoene wat op hulle getrap het en hulle vat die klere van die soldate wat party van hulle mense vermoor het, en hulle verbrand die skoene en die klere.
5
Ja, 'n kind is vir ons gebore, die Here het vir ons 'n seun gegee, en die kind sal koning word. Hulle sal hom noem: Die man wat wonderlike planne kan maak, Die man wat oorlog kan maak soos God, Die man wat altyd vader is, Die koning van vrede.
6
Hy sal 'n belangrike koning wees, en daar sal altyd vrede wees. Hy sal koning wees soos sy voorvader Dawid, hy sal regverdig wees en hy sal altyd reg doen aan almal. Die Here wat oor alles regeer, sal dit laat gebeur, want Hy sal ons nie los nie.
7
Die Here het 'n boodskap gestuur vir die Israeliete, die nageslag van Jakob het dit gehoor.
8
Die hele volk het dit geweet, die mense van Efraim en die mense wat in Samaria woon. Maar hulle is hoogmoedig, hulle sê:
9
“Die mure wat ons van klei gebou het, het omgeval, maar ons sal weer mure bou, ons sal dit van klip bou. Die vyande het die wildevyebome afgekap, maar ons sal sederbome plant.”
10
Toe het die Here die vyande van koning Resin beskerm en Hy het vir hulle gesê hulle moet koning Resin aanval.
11
Die Arameërs het uit die ooste gekom en die Filistyne uit die weste, en hulle het Israel aangeval. Hulle het die land heeltemal verwoes. Maar dit was nie genoeg vir die Here nie. Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.
12
Maar die volk het nie teruggekom na die Here toe nie. Die Here wat oor alles regeer, het hulle gestraf, maar hulle wou nie naby Hom wees nie.
13
Die Here het op een dag die kop en die stert uit die volk Israel uitgesny, die palmtak en die biesie.
14
Die leiers en die mense wat naby die koning mag kom, is die kop of die palmtak, en die profete wat leuens vertel, is die stert of die biesie.
15
Die mense wat die volk moes lei, het hulle verkeerd gelei, daarom weet die volk nie waarnatoe hulle moet gaan nie.
16
Dit is hoekom die Here nie meer hou van die jongmense nie en dit is hoekom Hy nie meer jammer is vir die weduwees en weeskinders nie. Hulle is almal sleg en hulle sê dom dinge, hulle praat nie soos die Here wil hê nie. Maar dit was nie genoeg vir die Here nie. Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.
17
Ja, hulle sonde was soos 'n vuur wat brand. Dit het die dorings en bossies verbrand, dit het die plante in die bos aan die brand gesteek. Die rook het in die lug opgegaan.
18
Die Here wat oor alles regeer, was kwaad. Daarom het die vyande die land verwoes, en daarom het die volk geword soos vuurmaak-hout. Hulle is nie jammer vir mekaar nie.
19
Soos wilde diere wat alles opvreet, so maak hulle oorlog teen mekaar. Hulle hou nie op nie, hulle word swakker en swakker.
20
Die Manasse-stam maak oorlog teen die Efraim-stam en die Efraim-stam maak oorlog teen die Manasse-stam, en hulle maak saam oorlog teen die Juda-stam. Maar dit was nie genoeg vir die Here nie. Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 10 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66