bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 3
Isaiah 3
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 4 →
1
Die Here regeer oor alles. Die Here sal die belangrike mense wegvat uit die stad Jerusalem en uit die land Juda, almal wat vir die mense in die stad en die land sorg. Die Here sal dit doen.
2
Hy sal almal wegvat: die soldate, die mense wat weet hoe om oorlog te maak, die regters, die profete en die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie, die leiers,
3
die offisiere, die amptenare wat naby die koning is, die raadgewers van die koning, die goeie ambagsmanne, en die towenaars.
4
Ek sal vir hulle amptenare gee wat jong seuns is, seuns wat sal doen wat hulle wil.
5
Dan sal die mense met mekaar begin baklei. Die jongmense sal parmantig wees met die oumense, en die onbelangrike mense sal parmantig wees met die belangrike mense.
6
'n Man sal sy broer gryp in sy pa se huis en vir hom sê: “Jy moet ons leier wees, want jy het mooi klere. Jy moet regeer oor hierdie stad wat nou 'n hoop klippe is.”
7
Maar die broer sal sê: “Nee, ek wil nie julle leier wees nie, ek het nie kos en mooi klere in my huis nie, julle moet my nie die leier van die mense maak nie.”
8
Ja, Jerusalem is nou 'n hoop klippe, en die land Juda is verwoes, want alles wat die mense sê en doen, is téén die Here. Hulle wil nie luister na die Here nie.
9
In die poort doen hulle nie reg aan die arm mense nie, en hulle maak soos die mense van Sodom. Hulle is nie skaam oor hulle sonde nie. Dit sal sleg gaan met hulle, hulle hou aan om sonde te doen totdat die Here hulle straf.
10
En vir die mense wat reg doen, moet julle sê: “Dit sal baie goed gaan met julle, want julle het goed gedoen.”
11
Maar dit sal sleg gaan met die mense wat verkeerd doen, baie sleg, want hulle hou aan om sonde te doen totdat die Here hulle straf.
12
Die Here sê: “Kinders en vroue verdruk my volk en hulle regeer oor my volk. Die mense wat vir my volk die regte pad moet wys, laat hulle verdwaal.”
13
Die Here is die Regter, Hy wil die volke straf.
14
Die Here bring die leiers en die amptenare van sy volk na die poort en Hy sê: “Julle het my volk se druiwe gepluk en die goed gevat van die mense wat hulleself nie kan help nie.
15
Hoekom doen julle slegte dinge aan my volk? Hoekom verdruk julle die mense wat hulleself nie kan help nie?” Dit is wat die Here sê, die Here wat oor alles regeer.
16
Die Here het ook gesê: Die vroue in Jerusalem is hoogmoedig. Hulle loop neus in die lug en swaai hulle heupe. Hulle kyk vir die mans en knip hulle oë, hulle skud die ringe om hulle enkels.
17
Maar die Here sal hulle koppe vol sere maak, en hulle hare sal uitval.
18
Daardie dag sal Hy hulle mooi goed wegvat: die ringe om hulle enkels en die juwele wat lyk soos die son en die maan,
19
die oor-ringe en die armbande en sluiers,
20
die kop-ringe en die kettings om hulle enkels, die mooi gordels om hulle lyf, die reukwater, die juwele om hulle nekke,
21
die ringe aan hulle vingers en die neusringe,
22
die mooi rokke, die doeke om hulle skouers, die handsakkies,
23
die spieëls, die lang rokke, die kopdoeke en die kort jassies.
24
Wanneer die Here al die mooi goed weggevat het, dan sal die vroue nie meer lekker ruik nie, hulle sal stink. Hulle sal nie meer mooi gordels dra nie, hulle sal toue om hulle lyf dra. Hulle sal nie hulle hare kan vleg nie, want hulle sal kaalkop wees, hulle sal nie meer mooi klere dra nie, hulle sal rouklere dra. Hulle sal nie meer mooi wees nie, daar sal brandmerke op hulle lywe wees, want hulle sal slawe wees.
25
Die mans van Jerusalem, die soldate, sal in die oorlog sterf.
26
Die stad sal wees soos 'n vrou wat kaal op die grond sit en huil en treur.
← Chapter 2
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 4 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66