bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Isaiah 54
Isaiah 54
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 53
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 55 →
1
Die Here sê: “Jerusalem, jy is soos 'n vrou wat nie kinders kon kry nie, maar jy moet juig en baie bly wees, want jy wat alleen was, sal meer kinders hê as 'n getroude vrou.
2
Jy moet jou tent groter maak, jy moet die tentseile wyer maak, jy moet die toue langer maak, en jy moet jou tentpenne sterker maak.
3
Want jy sal groter word na al die kante toe, jou nageslag sal ander volke oorwin en hulle sal weer woon in die stede waar nou niemand is nie.
4
Jy moenie bang wees nie, jy moenie dink jy beteken niks nie. Jy moenie skaam wees nie, want niemand sal jou weer verneder nie. Jy sal die tyd vergeet toe jy 'n jongmeisie was en toe jy 'n weduwee was, toe ander mense jou gespot het.
5
Want die Een wat jou gemaak het, is jou Man, sy Naam is Here wat oor alles regeer. Jou Bevryder is die Heilige God van Israel, sy Naam is God van die hele aarde.”
6
Jerusalem, jou God sê: “Jy was soos 'n vrou, haar man wou haar nie meer hê nie. Toe Ek jou geroep het, was jy soos 'n vrou met wie 'n man getrou het toe hy nog jonk was, maar later het hy haar weggejaag. Jy was baie hartseer.
7
Ek het jou 'n kort tydjie gelos, maar nou neem Ek jou weer terug en Ek is weer baie lief vir jou.
8
Ek het kwaad geword en Ek wou jou 'n kort tydjie nie sien nie, maar Ek sal weer jammer wees vir jou en Ek sal altyd lief wees vir jou.” Dit sê die Here wat jou vrymaak.
9
“Dit is vir My soos die watervloed van Noag. Ek het belowe dat die water van Noag nie weer die aarde sal toemaak nie, en nou belowe Ek dat Ek nie sal aanhou om kwaad te wees vir jou nie. Ek belowe dat Ek nie sal aanhou raas met jou nie.
10
Ja, die berge en die heuwels sal verdwyn, maar my liefde vir jou sal nie verdwyn nie. Ek sal ook nie my verbond met jou breek nie, die verbond wat Ek met jou gemaak het toe Ek belowe het dat Ek vir jou vrede sal gee.” Dit sê die Here wat jammer is vir jou en wat jou terugneem.
11
“Jerusalem, jy is 'n stad wat jouself nie kon help nie. Die stormwinde het oor jou gewaai, niemand het jou gehelp nie. Maar kyk, Ek bou jou klippe vas op mekaar met harde klei, Ek bou jou fondamente van saffier.
12
Ek maak jou torings van robyne en jou poorte van smarag, Ek bou jou muur van edelstene.
13
Al die mense wat in jou woon, sal leerlinge van die Here wees, en hulle sal vrede hê.
14
Jou mense sal reg doen. Jy moenie bang wees nie, niemand sal jou weer verdruk nie, jy sal nie weer skrik nie.
15
Wanneer iemand jou aanval, dan sal dit nie Ek wees wat hom gestuur het nie. Iemand wat jou aanval, sal self val en verloor.
16
Dit is Ek wat die ambagsmanne gemaak het, die ambagsmanne wat 'n houtskoolvuur warm blaas en wat wapens maak. Dit is Ek wat die mense gemaak het wat verwoes en afbreek.
17
Maar die wapens wat hulle maak om jou aan te val, sal niks kan doen nie, en jy sal wys dat elkeen wat jou vals beskuldig, self skuldig is. Dit sal Ek doen vir die mense wat My dien, Ek sal reg doen aan hulle.” Dit sê die Here.
← Chapter 53
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 55 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66