bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
/
Psalms 78
Psalms 78
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
← Chapter 77
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 67
Chapter 68
Chapter 69
Chapter 70
Chapter 71
Chapter 72
Chapter 73
Chapter 74
Chapter 75
Chapter 76
Chapter 77
Chapter 78
Chapter 79
Chapter 80
Chapter 81
Chapter 82
Chapter 83
Chapter 84
Chapter 85
Chapter 86
Chapter 87
Chapter 88
Chapter 89
Chapter 90
Chapter 91
Chapter 92
Chapter 93
Chapter 94
Chapter 95
Chapter 96
Chapter 97
Chapter 98
Chapter 99
Chapter 100
Chapter 101
Chapter 102
Chapter 103
Chapter 104
Chapter 105
Chapter 106
Chapter 107
Chapter 108
Chapter 109
Chapter 110
Chapter 111
Chapter 112
Chapter 113
Chapter 114
Chapter 115
Chapter 116
Chapter 117
Chapter 118
Chapter 119
Chapter 120
Chapter 121
Chapter 122
Chapter 123
Chapter 124
Chapter 125
Chapter 126
Chapter 127
Chapter 128
Chapter 129
Chapter 130
Chapter 131
Chapter 132
Chapter 133
Chapter 134
Chapter 135
Chapter 136
Chapter 137
Chapter 138
Chapter 139
Chapter 140
Chapter 141
Chapter 142
Chapter 143
Chapter 144
Chapter 145
Chapter 146
Chapter 147
Chapter 148
Chapter 149
Chapter 150
Chapter 79 →
1
'n Lied. Van Asaf. My volk, julle moet luister na wat ek vir julle leer, julle moet goed luister na wat ek vir julle sê.
2
Ek wil dit doen soos wyse mense dit doen, ek wil praat oor dinge waarvan julle nie weet nie, dinge wat lank gelede gebeur het.
3
Ons het dit gehoor en ons weet dit, ons voorvaders het dit vir ons vertel.
4
Ons wil dit nie wegsteek vir hulle nageslag nie, ons wil aanhou om vir die volgende geslag te vertel hoekom hulle die Here moet prys. Ons wil vertel van die Here se krag en van die wonderwerke wat Hy gedoen het.
5
Hy het vir die nageslag van Jakob, vir Israel, gesê wat Hy wil hê, wat hulle moet doen. Hy het vir ons voorvaders gesê hulle moet dit vir hulle kinders leer.
6
Elke volgende geslag moet weet wat die Here wil hê, elke kind wat gebore sal word, en hulle moet dit ook vir hulle kinders leer.
7
Hulle moet glo dat God hulle sal help. Hulle moenie vergeet wat Hy gedoen het nie en hulle moet doen wat Hy gesê het.
8
Hulle moenie soos hulle voorvaders wees nie, want hulle voorvaders was hardkoppig en opstandig, hulle het nie aangehou om in God te glo nie, hulle was ontrou aan Hom.
9
Die mense van Efraim kon met pyl en boog veg maar hulle het gevlug toe die oorlog begin.
10
Hulle het nie gedoen wat die verbond van God sê nie, hulle wou nie lewe soos Hy wil hê nie.
11
Hulle het vergeet wat God gedoen het, hulle het die wonderwerke vergeet wat Hy vir hulle gewys het.
12
Hulle voorvaders het gesien toe God 'n wonderwerk doen in die land Egipte, die land waar die stad Soan is.
13
Hy het 'n pad deur die see gemaak en Hy het hulle laat deurloop, die water het soos 'n muur gestaan.
14
God het sy volk in die dag gelei met 'n wolk en elke nag het Hy hulle met die lig van 'n vuur gelei.
15
God het rotse oopgebreek in die woestyn en Hy het sy volk laat drink van die water diep onder die aarde.
16
Hy het strome water uit klip laat kom, die water het gevloei soos riviere.
17
Maar die mense van Efraim het aangehou om sonde te doen teen God, hulle was opstandig teen die Hoogste God in die land waar daar nie water is nie.
18
Hulle het God getoets en hulle het die kos gevra waarvoor hulle lus was.
19
Hulle het teen God gepraat, hulle het gevra: “Kan God in die woestyn vir ons kos gee om te eet?
20
Dit is waar, Hy het 'n rots geslaan, en daar het water uitgestroom, daar het riviere gevloei. Maar kan God ook brood gee, of kan hy vir sy volk vleis bring?”
21
Daarom, toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword. Dit was soos 'n vuur wat gebrand het teen die nageslag van Jakob, teen Israel.
22
God was kwaad omdat hulle nie geglo het dat Hy sal doen wat Hy belowe het nie, hulle het nie geglo dat Hy hulle sal red nie.
23
Hy het wolke van bo af gestuur en Hy het die deure van die hemeldak oopgemaak.
24
Hy het manna op hulle laat reën sodat hulle dit kon eet. Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee.
25
Mense het brood van engele geëet, God het vir hulle kos gestuur, meer as genoeg.
26
Hy wat sterk is, het die wind laat waai uit die ooste en uit die suide.
27
Hy het vleis op hulle laat reën, dit was voëls, so baie soos stof, so baie soos die sand by die see.
28
Die voëls het binne-in die kamp geval, rondom hulle tente.
29
Hulle het geëet en meer as genoeg gekry, God het vir hulle die kos gebring waarvoor hulle lus was.
30
Maar hulle wou aanhou en aanhou eet. Die kos was nog in hulle mond,
31
toe het God kwaad geword vir hulle. Hy het van hulle vetste manne begin doodmaak, Hy het die jongmanne van Israel laat sterf.
32
God het dit alles gedoen, maar hulle het aangehou om sonde te doen, hulle het nie geglo dat dit Hý is wat die wonderwerke gedoen het nie.
33
God het hulle laat sterf. Hulle lewens het niks beteken nie, dit was soos wind, hulle was elke dag bekommerd en bang.
34
Elke maal wanneer God party mense laat sterf het, dan het die ander mense na Hom toe teruggekom en gesê dat hulle jammer is en dat hulle wil doen wat Hy wil hê.
35
Hulle het dan gesê dit is God wat hulle Rots is, dit is die Hoogste God wat hulle kan vrymaak.
36
Maar hulle wou Hom bedrieg, hulle het dinge gesê, maar hulle was vals.
37
Hulle het nie regtig in God geglo nie, hulle het nie gedoen wat Hy gesê het toe Hy 'n verbond met hulle gemaak het nie.
38
En God? Hy was genadig, Hy het hulle sonde vergewe, Hy het hulle nie almal laat sterf nie. Hy het baie maal weer goed geword vir hulle, Hy het nie vir hulle kwaad gebly nie.
39
Hy het onthou dat hulle mense is, hulle is soos wind wat verbywaai en dan is dit weg.
40
Hulle was baie maal opstandig teen Hom, hulle het Hom hartseer gemaak daar in die woestyn, die wilde plek.
41
Hulle het God elke maal weer getoets, hulle het die Heilige God van Israel hartseer gemaak.
42
Hulle wou nie onthou wat Hy gedoen het nie, daardie tyd toe hulle swaargekry het en toe Hy hulle gered het,
43
daardie tyd toe Hy in Egipte tekens en wonderwerke gedoen het, daar in die land waar die stad Soan is.
44
Hy het die riviere, die waterstrome, verander, en dit het bloed geword sodat die Egiptenaars dit nie kon drink nie.
45
Hy het steekvlieë gestuur wat hulle gebyt het en paddas wat hulle land verwoes het.
46
Hy het hulle plante vir die sprinkane gegee, die sprinkane het alles op hulle koringlande en in hulle tuine opgevreet.
47
Hy het hael gestuur om hulle wingerde stukkend te slaan en Hy het ryp gestuur om hulle vyebome te laat doodgaan.
48
Hy het hael en weerlig gestuur om hulle beeste en hulle skape en bokke dood te slaan.
49
God het hulle laat voel hoe kwaad Hy is, Hy wou hulle baie swaar laat kry, Hy het vir hulle boodskappers gestuur om te sê dat mense sal sterf.
50
Hy was kwaad, baie kwaad, en Hy het dit vir hulle gewys. Hy het nie hulle lewe gespaar nie, Hy het hulle laat sterf van pes.
51
Hy het die oudste seun van elke familie van die Egiptenaars laat sterf in Egipte, in die woonplek van die nageslag van Gam.
52
Maar Hy het sy eie volk weggelei soos 'n herder sy skape en bokke weglei. Hy het hulle deur die woestyn gelei
53
en Hy het hulle gebring waar hulle veilig kan wees en nie bang nie. Maar hulle vyande het in die see verdrink.
54
God het sy volk gebring na sy gewyde land, na die berg wat Hy geneem het om aan Hom te behoort.
55
Hy het ander volke uit hulle lande weggejaag sodat sy eie volk daar kon woon. Hy het hulle lande vir die stamme van Israel gegee en Hy het hulle laat woon in daardie volke se woonplek.
56
Maar die Hoogste God se volk het Hom getoets, hulle was opstandig teen Hom, hulle het nie gedoen wat Hy vir hulle gesê het nie.
57
Hulle het weggegaan van Hom, hulle was ontrou soos hulle voorvaders. Hulle was soos 'n boog wat skeef was en nie reg kon skiet nie.
58
Hulle het God kwaad gemaak, want hulle het offer-plekke gebou, hulle het Hom baie kwaad gemaak, want hulle het beelde aanbid.
59
God het geweet wat hulle doen en Hy het baie kwaad geword, Hy het die Israeliete heeltemal gelos.
60
Hy het die tempel in Silo gelos, die plek waar Hy tussen mense gewoon het.
61
Hy het nie gekeer toe die vyande sy verbondskis vat nie, die kis waar Hy, die sterk Koning, aan sy mense verskyn het.
62
Hy het sy volk laat sterf in oorlog, Hy was kwaad vir die mense van sy eie land.
63
Hulle jongmanne het verbrand, en daar was niemand met wie hulle jongmeisies kon trou nie.
64
Hulle priesters het in die oorlog gesterf, en daar was nie tyd vir die weduwees om te rou nie.
65
Maar toe het die Here wakker geword soos iemand wakker word nadat hy geslaap het, soos iemand wat weer reg word nadat hy te veel wyn gedrink het.
66
Hy het sy vyande hard geslaan, Hy het hulle vir altyd verneder.
67
Hy het die tempel gelos wat by die Josef-stam was, Hy het nie weer die Efraim-stam gekies nie.
68
Hy het die Juda-stam gekies, die Sionsberg waarvoor Hy lief geword het.
69
Hy het sy tempel daar gebou, dit was hoog en vas soos die hemel en die aarde wat Hy vir altyd vas laat staan.
70
Hy het sy dienaar Dawid gekies en hom weggeneem van die skaapkrale,
71
Hy het hom van die lammer-ooie weggeneem om die herder te wees van sy volk, die nageslag van Jakob, Israel.
72
Dawid het goed regeer oor hulle, hy was 'n wyse koning.
← Chapter 77
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 67
Chapter 68
Chapter 69
Chapter 70
Chapter 71
Chapter 72
Chapter 73
Chapter 74
Chapter 75
Chapter 76
Chapter 77
Chapter 78
Chapter 79
Chapter 80
Chapter 81
Chapter 82
Chapter 83
Chapter 84
Chapter 85
Chapter 86
Chapter 87
Chapter 88
Chapter 89
Chapter 90
Chapter 91
Chapter 92
Chapter 93
Chapter 94
Chapter 95
Chapter 96
Chapter 97
Chapter 98
Chapter 99
Chapter 100
Chapter 101
Chapter 102
Chapter 103
Chapter 104
Chapter 105
Chapter 106
Chapter 107
Chapter 108
Chapter 109
Chapter 110
Chapter 111
Chapter 112
Chapter 113
Chapter 114
Chapter 115
Chapter 116
Chapter 117
Chapter 118
Chapter 119
Chapter 120
Chapter 121
Chapter 122
Chapter 123
Chapter 124
Chapter 125
Chapter 126
Chapter 127
Chapter 128
Chapter 129
Chapter 130
Chapter 131
Chapter 132
Chapter 133
Chapter 134
Chapter 135
Chapter 136
Chapter 137
Chapter 138
Chapter 139
Chapter 140
Chapter 141
Chapter 142
Chapter 143
Chapter 144
Chapter 145
Chapter 146
Chapter 147
Chapter 148
Chapter 149
Chapter 150
Chapter 79 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150