bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 14
Isaiah 14
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 13
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 15 →
1
Maar die Here sal Hom oor Jakob ontferm; Hy sal Israel weer kies, en hulle op hulle grond tot rus bring. Vreemdelinge sal by hulle aansluit, hulle by die huis van Jakob voeg.
2
Volke sal Israel neem en hulle terugbring na hulle plek. Dan sal die huis van Israel hulle as eiendom neem, as slawe en slavinne op die grondgebied van die Here. Israel sal dié wegvoer wat hulle as gevangenes weggevoer het, en heers oor dié wat hulle verdruk het.
3
En dan, die dag wanneer die Here jou rus gee van jou swaarkry en jou onrus, en van die harde arbeid wat jou opgelê is,
4
sal jy hierdie spotlied sing oor die koning van Babilonië. Jy sal sê: “Hoe het die verdrukker tot 'n einde gekom, die verdrukking opgehou!
5
Die Here het die stok van goddeloses gebreek, die staf van die heersers,
6
wat volke in gramskap geslaan het met slae sonder ophou, wat nasies in toorn vertrap het met vervolging sonder om terug te hou.
7
Die hele aarde beleef rus en kalmte, mense breek uit in jubelkrete.
8
Selfs die sipresse is verheug oor jou; die seders van die Libanon sê, ‘Vandat jy daar lê, klim geen houtkapper op na ons toe nie.’
9
Die •doderyk daaronder is in beroering oor jou, om jou te ontmoet by jou aankoms. Dit maak die skimme wakker oor jou; al die voorbokke van die aarde, al die konings van die nasies staan op van hulle trone.
10
Hulle almal reageer en sê vir jou, ‘Ook jy is so swak gemaak soos ons, net soos ons het jy geword.
11
Jou hoogmoed is afgebring na die doderyk, ook die geluid van jou harpe. Onder jou vorm maaiers 'n bed, wurms bedek jou.’ ”
12
Hoe het jy geval uit die hemelruim, môrester, seun van die daeraad! Hoe is jy tot op die grond neergekap, jy wat nasies verslaan het!
13
Jy is die een wat in jou hart gesê het: Na die hemel wil ek opgaan; hoog bo die sterre van God wil ek my troon oprig. Ek wil gaan sit op die berg van samekoms, in die afgeleë noorde.
14
Ek wil opgaan tot bo die rûe van wolke, my gelykstel aan die Allerhoogste.
15
Jy is egter na die doderyk afgebring, tot in die afgeleë put.
16
Hulle kyk na jou, hulle staar na jou, hulle beskou jou aandagtig: “Is dit die man wat die aarde laat beef het, koninkryke laat sidder het?
17
Hy het die bewoonde wêreld soos 'n woestyn gemaak, die stede daarvan afgebreek. Sy gevangenes het hy nie vrygelaat om huis toe te gaan nie.”
18
Al die konings van die nasies, hulle almal, rus eervol, elkeen in sy eie tuiste.
19
Maar jy, jy is weggesmyt, weg van jou graf, soos 'n verfoeilike takkie, oordek met gesneuweldes, met hulle wat deurboor is deur die swaard, dié wat afdaal na die klippe van die put – as 'n vertrapte lyk.
20
Jy sal nie met hulle verenig word in 'n graf nie; want jou land het jy verwoes, jou mense het jy doodgemaak. Die geslag kwaaddoeners sal nooit weer vermeld word nie.
21
Maak vir sy kinders 'n slagplek gereed weens die sondeskuld van hulle voorouers. Hulle mag nie opstaan en die land in besit neem, sodat die oppervlakte van die aarde weer vol stede is nie.
22
“Ek sal teen hulle opstaan,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte. “Ek sal van Babel uitroei naam en oorblyfsel, kind en nageslag,” is die uitspraak van die Here.
23
“Ek maak van Babel waterryke vleilande, die domein van uile. Ek sal haar wegvee met 'n besem wat verdelg.” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.
24
Die Here, Heerser oor alle magte, het 'n eed afgelê met dié woorde: “Soos Ek iets bedink, so sal dit gebeur; soos Ek beplan, kom dit tot stand:
25
Dit is om Assirië te breek in my land; op my berge sal Ek hom vertrap. Sy juk sal van my volk wyk, sy las sal van hulle skouers wyk.”
26
Dit is die besluit wat oor die hele aarde geneem is; en dit is die hand wat uitgestrek is oor al die nasies.
27
Ja, die Here, Heerser oor alle magte, het besluit – wie kan dit verydel? Sy hand is uitgestrek – wie kan dit afweer?
28
In die sterfjaar van koning Agas is hierdie profesie ontvang:
29
“Jy, ganse Filistea, moet jou nie verheug dat die stok wat jou geslaan het, gebreek is nie! Want uit die wortel van 'n slang sal 'n kobra voortkom; en dié lewer weer 'n vlieënde vurige slang.
30
In my weiding sal armes wei, en die behoeftiges sal veilig gaan lê; maar deur honger sal Ek jou wortel laat sterf, en wat van jou oorbly, sal die hongersnood ombring.
31
“Huil, poort! Roep om hulp, stad! Sidder, ganse Filistea! Want uit die noorde kom 'n rookwolk, en daar is in sy geledere niemand wat uitsak nie.
32
Watter antwoord moet die gesante van die nasie dan kry? ‘Die Here het Sion gegrondves, en in haar sal die magteloses van sy volk skuiling vind.’ ”
← Chapter 13
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 15 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66