bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 32
Isaiah 32
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 31
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 33 →
1
Kyk, met regverdigheid sal 'n koning regeer, en in geregtigheid sal •hoë amptenare heers.
2
Elkeen van hulle sal daar wees, as 'n skuiling teen die wind, 'n beskutting teen stortbuie, as waterstrome in 'n dor streek, as die skadu van 'n swaar rots in 'n vermoeide land.
3
Die oë van hulle wat sien, sal nie meer wegkyk nie, en die ore van hulle wat hoor, sal aandagtig luister.
4
Die harte van oorhaastiges sal op kennis ag slaan, en die tonge van stamelaars sal vinnig en duidelik praat.
5
'n Sot sal nie meer “edel” genoem word nie, en 'n skurk sal nie as “hoogheid” aangespreek word nie.
6
Want 'n sot raak sothede kwyt, en sy hart hou hom besig met onreg: deur goddeloosheid te bedryf, deur onwaarhede oor die Here kwyt te raak, deur die kele van hongeriges leeg te laat en deur iets te drinke te weerhou van wie dors is.
7
En 'n skurk – sy werktuie is sleg; hy is die een wat skanddade beplan om magteloses deur bedrieglike woorde uit te roei, ook wanneer 'n behoeftige 'n eis voorlê.
8
Die edele beraam egter edel planne, hy is die een wat staan by wat edel is.
9
Sorgelose vroue, staan op, luister na my stem! Dogters vol vertroue, hoor my woorde!
10
Oor net meer as 'n jaar sal julle sidder, julle wat houtgerus is; want die druiweoes is verby, daar kom nie meer 'n insameling nie.
11
Raak aan die bewe, sorgelose vroue! Sidder, julle wat houtgerus is! Trek julle uit, ontklee! Gord rouklere aan julle heupe!
12
Slaan julleself op die bors oor die pragtige landerye, oor die vrugbare wingerde,
13
oor die grond van my volk. Doringstruike sal daar opkom, ja, waar al die huise vol vreugde, die uitbundige dorp, was.
14
Ja, die vesting lê verwaarloos; die rumoer van die stad is verby. Die Ofel en wagtorings word kaal veld vir altyd – 'n vreugde vir wildedonkies; 'n weiveld vir veekuddes;
15
totdat 'n gees van bo af uitgestort word oor ons, totdat 'n woesteny 'n vrugteboord word, en 'n vrugteboord as 'n bos beskou word.
16
Dan sal die reg in die woesteny tuis wees, en geregtigheid sal in die vrugteboord woon.
17
Die uitwerking van geregtigheid sal vrede wees, die uitkoms van geregtigheid kalmte en vertroue vir altyd.
18
My volk sal in 'n tuiste van vrede woon, in veilige woonplekke, in ongestoorde rusplekke.
19
Dit sal hael wanneer die bos platgeslaan word, wanneer die stad in vernedering neersink.
20
Gelukkig is julle wat langs al die water saai, julle wat beeste en donkies vrye loop gee.
← Chapter 31
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 33 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66