bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 27
Isaiah 27
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 26
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 28 →
1
Op daardie dag sal die Here met sy wrede en groot en sterk swaard rekenskap eis van Leviatan, die vinnige slang, van Leviatan, die kronkelende slang. Die monster wat in die see is, sal Hy doodmaak.
2
Op daardie dag sal daar 'n pragtige wingerd wees. “Sing daaroor!
3
Ek, die Here, hou daaroor wag, gee dit telkens water. Sodat niks dit skade aandoen nie, hou Ek dag en nag daaroor wag.
4
Ek is nie meer woedend nie. As Ek doringstruike en onkruid sou vind, sou Ek 'n stryd daarmee aanknoop; Ek sou dit alles saam aan die brand steek.
5
Of anders sou hulle moes vasgryp aan die toevlug wat Ek bied, met My vrede maak, ja, vrede met My maak.”
6
In die tye wat kom, sal Jakob wortel skiet; Israel sal in bloei staan en uitspruit. Die oppervlakte van die aarde sal bedek wees met die opbrengs.
7
Het die Here Israel geslaan soos Hy dié geslaan het wat vir Israel geslaan het? Of is Israel om die lewe gebring op dieselfde manier as dié wat deur die Here om die lewe gebring is?
8
Deur haar prys te gee, haar weg te stuur, het U telkens met haar geworstel. Op die dag van die oostewind, het die Here haar met sy sterk wind weggedryf.
9
Daarom, op hierdie manier word versoening gedoen vir die sondeskuld van Jakob; en dít sal die uitkoms wees van die wegneem van sy sonde: Wanneer hy al die altaarklippe laat word soos kalkklippe wat stukkend geslaan is, sal die asjeras en wierookaltare nie langer bly staan nie.
10
Ja, 'n stad wat versterk was, lê eensaam, 'n weiveld wat versaak en agtergelaat is, soos 'n woestyn. Kalwers wei daar, en daar gaan hulle lê; hulle verwoes haar lote.
11
Wanneer haar takke verdroog het, sal hulle afgebreek word; vroue sal kom en dit aan die brand steek. Ja, dit is nie 'n verstandige volk nie; daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie, sal die Een wat hulle gevorm het, geen genade aan hulle betoon nie.
12
Op daardie dag sal die Here are uitslaan, vanaf die stroom van die Rivier tot by die Spruit van Egipte. Julle, Israeliete, sal soos are opgetel word, een vir een.
13
Op daardie dag sal daar op 'n groot •ramshoring geblaas word; en hulle wat verlore is in die land Assirië, en verdryf is na Egipteland, sal kom. Hulle sal voor die Here in aanbidding buig op die heilige berg in Jerusalem.
← Chapter 26
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 28 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66