bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 33
Isaiah 33
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 32
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 34 →
1
Wee jou, verwoester, jy wat nie verwoes is nie, trouelose, aan wie niemand ontrou was nie! Wanneer jy jou verwoestingswerk voltooi het, sal jy verwoes word; wanneer jy ophou om troueloos te wees, sal daar troueloos teen jou opgetree word.
2
Here, wees ons genadig! Op U wag ons. Wees elke oggend ons krag, ja, ons verlossing in 'n tyd van nood.
3
Vir die geluid van 'n gedreun vlug volke; vanweë u verhewenheid word nasies verstrooi.
4
Wat julle gebuit het, nasies, word bymekaargemaak, soos kaalvretersprinkane bymekaarmaak. Soos swerms toesak, word op julle buit toegesak.
5
Die Here is verhewe, ja, Hy woon in die hoogte. Hy vul Sion met reg en geregtigheid.
6
Hy sal bestendigheid aan jou tye bied, 'n rykdom van bystand, wysheid en kennis, ontsag vir die Here – dit is sy skatte.
7
Kyk, die mense van Jerusalem roep om hulp op straat, die boodskappers van vrede huil bitterlik.
8
Gebaande weë was verlate, niemand het meer op die pad verbygegaan nie. Hy het verdrae verbreek, hy het stede geminag, hy het mense nie geag nie.
9
Dit het droog geword, die land was uitgedor; die Libanon was verbluf, het swart geword. Saron het soos die Araba geword; Basan en Karmel het hulle blare verloor.
10
“Nou gaan Ek opstaan,” sê die Here, “nou gaan Ek Myself verhef, nou gaan Ek My oprig.
11
Julle raak swanger van droë gras, gee geboorte aan kaf; julle asem is 'n vuur wat julle sal verteer.
12
Die volke sal 'n kalkbrandery word – afgekapte doringstruike wat 'n vuur aan die brand moet kry.
13
Luister, julle wat ver is, na wat Ek gedoen het; en julle wat naby is, erken my mag.”
14
In Sion sidder sondaars van angs; bewing pak hulle beet, hulle wat vervreemd is van God: “Wie van ons kan by 'n verterende vuur vertoef? Wie van ons kan by 'n ewig brandende vuurherd vertoef?”
15
Hy wat eerlik leef en spreek wat reg is, wat wins uit afpersing afwys, wat sy handpalms daarvan weerhou om omkoopgeld te aanvaar, wat niks van bloedvergieting wil hoor nie, niks wat boos is, wil aanskou nie –
16
dit is hy wat op die hoogtes sal woon. Bergvestings in kranse is sy toevlugsoord; sy kos word vir hom voorsien, sy watervoorraad is standhoudend.
17
Jou eie oë sal 'n koning in sy skoonheid sien, sal uitkyk oor 'n wyd uitgestrekte land.
18
Jou hart sal die verskrikking oordink: Waar is hy wat neerskryf, waar hy wat weeg? Waar is hy wat die getal van die torings neerskryf?
19
Dié aanmatigende volk sal jy nie weer sien nie, die volk met spraak wat te moeilik is om te volg, met 'n gestamel van tong wat onverstaanbaar is.
20
Kyk na Sion, die stad van ons feestelike byeenkomste! Jou oë sal Jerusalem sien – 'n ongestoorde tuiste, 'n tent wat nie afgeslaan sal word, waarvan die tentpenne nooit uitgetrek, en die tentlyne nooit losgeruk sal word nie;
21
want daar sal 'n magtige, die Here, by ons wees, by 'n plek van riviere, met breë strome aan alle kante. 'n Boot met spane sal nie daarop vaar nie, 'n magtige skip sal dit nie oorsteek nie.
22
Ja, die Here is ons Regter, die Here is ons Regeerder, die Here is ons Koning – Hy sal ons verlos.
23
Al hang jou takelwerk nou slap, al hou dit nie die mas se voetstuk stewig nie, al span dit nie die banier oop nie, dan sal daar buit in oorvloed verdeel word; selfs lammes sal wat te roof is, plunder.
24
Geen inwoner sal sê, “Ek is siek” nie. Die volk wat in Jerusalem woon, se sondeskuld is vergewe.
← Chapter 32
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 34 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66