bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 60
Isaiah 60
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 59
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 61 →
1
“Staan op, laat jou lig skyn! Ja, jou lig het gekom, en die heerlikheid van die Here skyn oor jou.
2
Ja, kyk, donkerte bedek die aarde, en diepe duisternis die volke; maar oor jou skyn die Here, en oor jou word sy heerlikheid sigbaar.
3
Nasies sal na jou lig trek, en konings na die helder lig van jou sonsopkoms.
4
Kyk om jou rond en neem waar: Hulle almal kom byeen, hulle kom na jou toe. Jou seuns – van ver af kom hulle aan; en jou dogters – op die heup word hulle gedra.
5
Dan sal jy dit sien en jy sal straal; jou hart sal vinniger klop, ruim word. Want die see se oorvloed sal by jou uitgestort word; die nasies se rykdom sal na jou toe kom.
6
'n Magdom kamele sal jou oordek, jong kamele uit Midian en Efa. Almal uit Skeba sal kom. Goud en wierook sal hulle dra; die goeie nuus van die Here se lofwaardige dade sal hulle verkondig.
7
Al die kleinvee van Kedar word vir jou bymekaar gemaak; die ramme van Nebajot is tot jou beskikking. Hulle sal as aanvaarbare offers na my altaar opgaan. My roemryke huis sal Ek verheerlik.
8
“Wie is dit daardie wat soos 'n wolk aangesweef kom, soos duiwe na hulle neste?
9
Ja, op My wag die eilande; die skepe van Tarsis vaar aan die voorpunt om jou kinders van ver af te bring. Hulle silwer en goud is by hulle, ter ere van die Naam van die Here, jou God, ter ere van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.
10
“Vreemdes sal jou mure herbou, en hulle konings sal tot jou diens wees. Ja, in my grimmigheid het Ek jou geslaan, maar in my guns ontferm Ek My oor jou.
11
Jou poorte sal altyd oopstaan; bedags en snags sal dit nie gesluit word nie, sodat mense die rykdom van nasies na jou toe kan bring, met hulle konings wat in 'n segetog gelei word.
12
Ja, die nasie en die koninkryk wat jou nie dien nie, sal ondergaan; sulke nasies sal volledig verwoes word.
13
Die luister van die Libanon sal na jou kom – sipresse, wildevliere en dennebome, almal tegelyk – om my heilige plek te versier. Aan die rusplek van my voete sal Ek eer gee.
14
Na jou sal hulle neergeboë kom – die kinders van jou verdrukkers; almal wat jou verag het, sal diep neerbuig by jou voetsole. Hulle sal jou noem: Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel.
15
In plaas daarvan dat jy verlate en gehaat is, sonder enige verbygangers, sal Ek jou 'n voorwerp van ewige trots maak, 'n vreugde van geslag tot geslag.
16
Jy sal die nasies se melk drink, aan koninklike borste sal jy drink. Dan sal jy besef dat Ek die Here is wat jou verlos, jou losser, die Magtige van Jakob.
17
In plaas van koper bring Ek goud, en in plaas van yster bring Ek silwer, in plaas van hout, koper, en in plaas van klippe, yster. Ek stel vrede aan as jou toesighouer, geregtigheid as jou regeerder.
18
Daar sal nie langer iets oor geweld in jou land gehoor word nie, of oor verwoesting en vernietiging binne jou grense nie. Jy sal jou mure Verlossing noem, en jou poorte Lof.
19
Vir jou sal die son nie meer daar wees as 'n lig bedags nie, en die maan sal nie as 'n helder lig vir jou skyn nie. Die Here sal as 'n ewige lig daar wees, en jou God as jou roem.
20
Jou son sal nie weer ondergaan nie, en jou maan sal nie verdof nie; want die Here sal vir jou 'n ewige lig wees, en jou routyd sal verby wees.
21
Jou volk is almal regverdiges; vir altyd sal hulle die land besit, hulle, die werk van my hande, die loot wat Ek geplant het om My te verheerlik.
22
Die kleinste sal 'n stam word, en die geringste 'n magtige nasie. Ek, die Here, sal dit op die regte tyd vinnig laat gebeur.”
← Chapter 59
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 61 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66