bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 47
Isaiah 47
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 46
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 48 →
1
“ Klim af, sit in die stof, maagdelike dogter van Babel! Sit op die grond, sonder 'n troon, dogter van die Galdeërs! Want hulle sal jou nie langer die saggeaarde en die fynbesnaarde noem nie.
2
Neem 'n handmeul en maal koring! Haal jou sluier af, lig die lang kleed op, ontbloot jou dye, steek riviere oor!
3
Jou naaktheid sal ontbloot word, en ook jou skande sal gesien word. Wraak gaan Ek neem; Ek sal geen mens tegemoetkom nie. ”
4
Ons losser, die Here, Heerser oor alle magte is sy Naam, die Heilige van Israel.
5
“Sit in swye, gaan die duisternis binne, dogter van die Galdeërs! Want jy sal nie langer genoem word heerseres van koninkryke nie.
6
Ek was toornig op my volk, Ek het my eiendom ontwy; Ek het hulle in jou hand oorgegee. Jy het nie aan hulle barmhartigheid bewys nie. Selfs op ou mense het jy jou juk baie swaar gemaak.
7
Jy het gedink: Vir altyd sal ek daar wees, 'n heerseres vir ewig. Jy het hierdie dinge nie ter harte geneem nie; jy het nie aan die afloop daarvan gedink nie.
8
Daarom, luister hierna, wellustige wat rustig woon, wat in haar hart sê: Ek is die een, en niemand anders nie; ek sal nie as 'n weduwee sit nie; ek sal nie kinderloosheid ervaar nie.
9
Die volgende twee dinge kom oor jou, skielik, binne 'n enkele dag: kinderloosheid en weduweeskap. Die volle omvang daarvan sal jou tref ondanks jou oorvloed towerkunste, jou talle kragtige towerspreuke.
10
Jy het op jou boosheid vertrou; jy het in jou hart gesê: Niemand sien my nie. Jou wysheid en jou kennis, dit is wat jou verlei het. Jy het in jou hart gesê: Ek is die een, en niemand anders nie!
11
Onheil oorval jou, en jy ken nie beswering daarteen nie. 'n Ramp oorval jou, en jy kan dit nie afweer nie. Skielik oorval teenspoed jou, en jy het dit nie eers vermoed nie.
12
Tree maar aan met jou towerspreuke, met jou oorvloed towerkunste waarmee jy jou van jou jeug af vermoei. Miskien kan jy daarby baat, miskien skrik jy mense af.
13
Jy sloof jou af met jou baie planne. Laat hulle maar aantree en jou verlos – die sterrewiggelaars, die sterrekykers wat elke maand bekend maak wat jou gaan oorkom.
14
Kyk, hulle het soos strooi geword, vuur verbrand hulle. Hulle kan hulleself nie red uit die greep van die vlamme nie – dit is nie gloeiende kole om hulle warm te maak nie, nie vuur om langs te sit nie.
15
Só het almal vir jou geword, jou handelsvennote vir wie jy jou vermoei het van jou jeug af. Elkeen van hulle dwaal af, sy eie koers in; daar is niemand wat jou verlos nie.”
← Chapter 46
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 48 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66