bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 5
Isaiah 5
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 4
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 6 →
1
Ek wil oor my geliefde sing: my geliefde se lied oor sy wingerd. My geliefde het 'n wingerd gehad op 'n vrugbare heuwel.
2
Hy het dit bewerk, die klippe uitgehaal en edeldruiwe daar geplant. Hy het 'n toring gebou in die middel daarvan, en ook 'n giskuip daarin uitgekap. Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe gelewer.
3
“ Daarom, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, besleg tog tussen My en my wingerd.
4
Wat moet nog aan my wingerd gedoen word wat Ek nie reeds daarin gedoen het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit het wilde druiwe gelewer?
5
Daarom wil Ek aan julle bekend maak wat Ek aan my wingerd gaan doen: Ek gaan sy doringheining verwyder, sodat dit bewei word. Ek gaan sy gepakte klipmuur afbreek, sodat dit 'n vertrapte plek word.
6
Ek sal dit 'n verwoeste plek maak; dit sal nie gesnoei en nie geskoffel word nie. Doringstruike en onkruid sal opskiet, en aan die wolke sal Ek opdrag gee om nie 'n druppel daarop te laat reën nie.”
7
Ja, die wingerd van die Here, Heerser oor alle magte, is die huis van Israel; en die manne van Juda is die plante waarin Hy Hom verlustig. Hy het gewag op reg, maar kyk, daar was regskending, op geregtigheid, maar kyk, daar was hulpgeroep.
8
Wee hulle wat huis by huis voeg, wat ploegland by ploegland voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen in die land woon.
9
Met my eie ore het ek die Here, Heerser oor alle magte, hoor sweer: “Baie huise sal 'n skrikbeeld word – die grotes en mooies is sonder inwoner.
10
'n Wingerd op grond wat in tien dae met twee beeste geploeg kan word, sal een bat lewer, en 'n gomer saad sal 'n efa lewer.”
11
Wee hulle wat vroeg in die môre opstaan, naarstig soek na sterk drank, en wat teen skemeraand sloer, dat die wyn hulle kan warm maak.
12
Daar is lier en harp, tamboeryn en fluit, en wyn by hulle feesmaaltye. Maar op dit wat die Here doen, slaan hulle nie ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie raak nie.
13
Daarom gaan my volk in ballingskap vanweë 'n gebrek aan kennis; sy geëerdes word mense wat honger is, en sy gepeupel raak uitgedor van die dors.
14
Daarom het die •doderyk sy keel wyd oopgemaak, en sy mond oopgesper sonder perk. Die stad se luisterrykes en gespuis, die lawaaimakers en uitbundiges in haar sal daarin afdaal.
15
Mense sal neergebuig word, manne sal verneder word, hovaardiges sal hulle oë moet neerslaan.
16
Die Here, Heerser oor alle magte, is verhewe in sy regspraak; die heilige God betoon Hom heilig deur geregtigheid.
17
Jong ramme sal wei asof dit hulle weiveld is; en die ruïnes van vetgevoerdes – vreemdes sal daar eet.
18
Wee hulle wat sondeskuld saamsleep met bande van bedrog, en sonde soos met die toue van 'n wa –
19
hulle wat sê: “Hy moet gou maak, sy werk moet vinnig gebeur, sodat ons dit kan sien; die plan van die Heilige van Israel moet ontvou, in vervulling gaan, sodat ons dit kan weet.”
20
Wee hulle wat die slegte dinge goed noem, en die goeie dinge sleg, hulle wat die duisternis tot lig maak en die lig tot duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.
21
Wee hulle wat wys is in hulle eie oë, en hulleself as verstandig beskou.
22
Wee hulle wat helde is by die drink van wyn, en wat bekwame manne is by die meng van sterk drank,
23
wat goddeloses regverdig verklaar vir 'n omkoopgeskenk, en regverdiges hulle reg ontneem.
24
Daarom, soos wanneer strooi deur tonge van vuur verteer word, en droë gras in vlamme wegsink, so sal hulle wortel wees soos iets wat verrot, en hulle bloeisel sal as stof opstyg; want hulle het die wet van die Here, Heerser oor alle magte, verwerp, en die woord van die Heilige van Israel het hulle geminag.
25
Daarom het die toorn van die Here teen sy volk ontbrand. Hy het sy hand teen hulle uitgestrek en hulle geslaan. Die berge het gebewe, en hulle lyke was soos vullis in die strate. Ondanks dit alles het sy toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek.
26
Hy hef 'n banier op vir 'n nasie wat van ver af kom, en fluit vir een aan die einde van die aarde. Kyk, hierdie nasie kom vinnig, haastig.
27
By hom is niemand uitgeput nie, en niemand struikel nie. Hy sluimer nie in en slaap nie; die skorte om sy heupe is nie losgemaak nie, en sy sandaalriempies nie losgeskeur nie.
28
Sy pyle is skerpgemaak, en al sy boë is gespan; die hoewe van sy perde is so hard soos vuurklip, en sy strydwawiele kom aan soos 'n stormwind.
29
Sy brul is soos dié van 'n leeu. Hy brul soos jong leeus, hy grom en gryp prooi; hy sleep weg, en daar is niemand wat kan red nie.
30
Op daardie dag sal hy oor sy prooi grom soos 'n bulderende see. Iemand sal na die land staar, en kyk, daar is 'n beklemmende donkerte; die lig is verduister vanweë die wolke oor die land.
← Chapter 4
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 6 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66