bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 7
Isaiah 7
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 6
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 8 →
1
In die tyd van Agas, seun van Jotam, seun van Ussia, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, asook Peka, seun van Remalja, die koning van Israel, teen Jerusalem opgetrek vir oorlog. Hulle was egter nie in staat om teen haar te veg nie.
2
Toe die berig aan die huis van Dawid gebring is, “Aram het by Efraim aangesluit, ” het Agas se hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van 'n bos voor wind bewe.
3
Die Here het vir Jesaja gesê: “Gaan tog uit om Agas te ontmoet, jy en Sjear-Jasjoeb, jou seun, by die einde van die watervoor na die boonste dam wat aan die pad na die Bleikveld geleë is.
4
Sê vir hom, ‘Wees versigtig, maar bly kalm! Moenie bang wees nie! Moenie lafhartig raak oor hierdie twee rokende houtstompe nie, oor die brandende toorn van Resin en die Arameërs en die seun van Remalja nie,
5
omdat Aram teen jou kwaad beplan het, ook Efraim en die seun van Remalja, met die woorde:
6
“Laat ons teen Juda optrek, hulle die skrik op die lyf jaag en dit dan vir ons verower. Laat ons dan 'n koning daarin aanstel, die seun van Tabeal.” ’
7
“ So sê my Heer, die Here, ‘Dit sal nie tot stand kom nie, dit sal nie gebeur nie.
8
Immers, die hoof van Aram is Damaskus, en die hoof van Damaskus is Resin. Nog vyf-en-sestig jaar, dan is Efraim vernietig en nie meer 'n volk nie.
9
Die hoof van Efraim is Samaria, en die hoof van Samaria is die seun van Remalja. As julle nie vertroue het nie, sal julle beslis nie behoue bly nie.’ ”
10
Die Here het weer met Agas gepraat en gesê:
11
“Vra vir jou 'n teken van die Here jou God; vra diep af na die •doderyk, of hoog na bo. ”
12
Maar Agas het geantwoord: “Ek sal nie vra nie, en ek sal die Here nie uitdaag nie.”
13
Daarop sê Jesaja: “Luister tog, huis van Dawid! Is dit nie vir julle genoeg om mense te vermoei nie, dat julle ook my God moet vermoei?
14
Daarom sal my Heer self vir julle 'n teken gee: Kyk, die jong vrou is swanger, en gaan 'n seun in die wêreld bring. Sy sal hom Immanuel noem.
15
Dikmelk en heuning sal hy eet, sodat hy kan weet om die kwaad te verwerp en die goeie te kies.
16
Ja, nog voordat die kind sal weet om die kwaad te verwerp en die goeie te kies, sal die grondgebied van die twee konings oor wie jy verskrik is, verlate lê.
17
Die Here sal egter dae soos daar nie was sedert die tyd toe Efraim van Juda weggebreek het nie, laat aanbreek oor jou, jou volk en jou familie: die koning van Assirië!
18
“ Op daardie dag sal die Here fluit vir die vlieë wat aan die einde van die strome van Egipte is, en vir die bye wat in die land Assirië is.
19
Hulle sal kom en almal gaan sit in die dale by die kranse, in die rotsskeure, en op al die doringbosse en by al die drinkplekke.
20
“ Op daardie dag sal my Heer met 'n skeermes wat gehuur is anderkant die Rivier, met die koning van Assirië, die kop en hare van die voete afskeer; dit sal ook die baard verwyder.
21
“ Op daardie dag sal iemand 'n jong koei en twee stuks kleinvee aan die lewe hou;
22
en vanweë die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet. Ja, dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.
23
“ Op daardie dag sal elke plek waar daar duisend wingerdstokke is, wat duisend silwerstukke werd is, aan die doringstruike en onkruid behoort.
24
Met pyl en boog sal mens daar moet ingaan. Ja, van doringstruike en onkruid sal die hele land oortrek wees.
25
Al die heuwels wat met 'n ploegskaar bewerk is – jy sal daar nie ingaan nie, uit vrees vir die doringstruike en onkruid. Dit sal dien as weiplek vir beeste en as 'n plek wat vertrap word deur kleinvee.”
← Chapter 6
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 8 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66