bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 16
Isaiah 16
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 15
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 17 →
1
Stuur ramlammers van die regeerder van die land uit Sela deur die woestyn na die berg van die dogter van Sion.
2
Soos voëls wat vlug, 'n broeisel wat verjaag is, is die vroue van Moab by die driwwe van die Arnon.
3
Kom met 'n plan, Sion, neem 'n besluit! Maak jou skaduwee soos die nag in die middel van die dag. Steek dié wat verdryf is, weg! Dié wat vlug, moet jy nie verraai nie.
4
Laat die vlugtelinge van Moab by jou vertoef. Wees vir hulle 'n skuilplek teen die verwoester. Wanneer die verdrukker nie meer daar is nie, die verwoesting afgeloop het, die vernielers uit die land verdwyn het,
5
sal, deur troue liefde, 'n troon gevestig word. Daarop sal iemand in getrouheid in die tent van Dawid sit – iemand wat regspreek, wat streef na wat reg is, en ervare is in geregtigheid.
6
Ons het gehoor van die trots van Moab, van die groot vermetelheid. Sy hoogmoed, sy trots en woedebuie, sy gespog, is blote skyn.
7
Daarom weeklaag Moab oor Moab, hulle almal weeklaag. Oor die saamgeperste rosyne van Kir-Geres kla julle, heeltemal verslae;
8
want die terrasse van Gesbon het verdroog, ook die wingerde van Sibma. Die grondeienaars van die nasies het die stad se edeldruiwe platgetrap. Dit het voorheen selfs tot by Jaser gestrek, die woestyn in gerank. Die stad se ranke was welig, dit het die see oorgesteek.
9
Daarom treur ek, soos Jaser treur, oor die wingerde van Sibma. Ek sal jou met my trane deurweek, Hesbon, en ook Elale; want oor jou somervrugte en jou graanoes het die vreugdekrete stil geword.
10
Vreugde en gejuig is weggeneem uit die vrugteboorde; in die wingerde word daar nie gejubel nie, word vreugderoepe nie aangehef nie. Wat wyn in die parskuipe betref – die druiwetrappers trap niks uit nie. “Aan vreugdekrete het Ek 'n einde gemaak.”
11
Daarom, soos 'n lier kla my ingewande oor Moab, my binneste oor Kir-Geres.
12
Wanneer Moab weer sy verskyning maak, hom afsloof op die offerhoogtes, wanneer hy by sy heiligdom aankom om te bid, sal hy niks uitrig nie.
13
Dit is die woord wat die Here vroeër teen Moab uitgespreek het.
14
Maar nou sê die Here: “Binne drie jaar, bereken soos die jare van 'n huurarbeider, sal die luister van Moab iets minderwaardigs wees, ten spyte van sy groot menigte. Die oorblyfsel wat min, klein, sal wees, sal nie krag hê nie.”
← Chapter 15
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 17 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66