bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Isaiah 9
Isaiah 9
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 10 →
1
Die volk wat in duisternis ronddwaal, het 'n groot lig gesien; hulle wat in 'n stikdonker land woon – oor hulle het 'n lig geskyn.
2
U het die nasie vermeerder, U het hulle vreugde groot gemaak. Hulle ervaar vreugde voor U, soos die vreugde in die oestyd, soos dié wat juig wanneer hulle buit verdeel.
3
Want die las van hulle juk en die hout oor hulle skouers, die stok van hulle slawedrywer, het U verpletter soos op die dag van Midian.
4
Ja, elke stewel wat stamp met 'n gedreun, en elke kledingstuk wat in bloed gerol is, is bestem vir verbranding, is kos vir die vuur.
5
Want 'n kind is vir ons gebore, 'n seun is aan ons gegee. Die heerskappy is op sy skouer. Hy word genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.
6
Vir die uitbreiding van heerskappy en vir vrede sonder einde, sal hy op die troon van Dawid en oor sy koninkryk wees, om dit te vestig en te ondersteun deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Die ywer van die Here, Heerser oor alle magte, sal dit doen.
7
My Heer het 'n woord gestuur teen Jakob, en dit het in Israel geval.
8
Die hele volk het dit ervaar, Efraim en die inwoners van Samaria, wat hoogmoedig en vol selfvertroue sê:
9
“Bakstene het geval, maar met gekapte klip sal ons herbou. Wildevyebome is afgekap, met sederbome sal ons dit vervang.”
10
Die Here het die vyande van Resin se mag teen hom verhoog en sy vyande aangehits –
11
Aram uit die ooste en die Filistyne uit die weste. Hulle het Israel gulsig verslind. Ondanks dit alles het sy toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek.
12
Maar die volk het nie teruggekeer na Hom wat hulle geslaan het nie, en die Here, Heerser oor alle magte, nie geraadpleeg nie.
13
Die Here het van Israel kop en stert, palmtak en biesie, afgekap op een dag.
14
Oudstes en gerespekteerdes, hulle is die kop, en profete wat leuens verkondig, hulle is die stert.
15
Hulle wat hierdie volk moes lei, het misleiers geword, en hulle wat gelei moes word, het verward geraak.
16
Daarom, oor hulle jong manne verheug my Heer Hom nie, en oor hulle vaderloses en weduwees ontferm Hy Hom nie. Hulle is immers almal van God vervreem, en is kwaaddoeners; elke mond verkondig dwaasheid. Ondanks dit alles het sy toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek.
17
Ja, goddeloosheid brand soos vuur, dit verteer doringstruike en onkruid; dit steek die struikgewas in die bos aan die brand, en dit dwarrel weg as rook wat opstyg.
18
Deur die gramskap van die Here, Heerser oor alle magte, is die land in duisternis gehul. Die volk het soos kos vir die vuur geword; hulle het nie deernis met mekaar nie.
19
Hulle verslind aan die regterkant, maar bly honger; hulle vreet aan die linkerkant, maar word nie versadig nie. Elkeen van hulle bly vreet aan die vleis van sy voorarm:
20
Manasse aan Efraim en Efraim aan Manasse, en hulle is saam teen Juda. Ondanks dit alles het die Here se toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek.
← Chapter 8
Jump to:
Chapter 1
Chapter 2
Chapter 3
Chapter 4
Chapter 5
Chapter 6
Chapter 7
Chapter 8
Chapter 9
Chapter 10
Chapter 11
Chapter 12
Chapter 13
Chapter 14
Chapter 15
Chapter 16
Chapter 17
Chapter 18
Chapter 19
Chapter 20
Chapter 21
Chapter 22
Chapter 23
Chapter 24
Chapter 25
Chapter 26
Chapter 27
Chapter 28
Chapter 29
Chapter 30
Chapter 31
Chapter 32
Chapter 33
Chapter 34
Chapter 35
Chapter 36
Chapter 37
Chapter 38
Chapter 39
Chapter 40
Chapter 41
Chapter 42
Chapter 43
Chapter 44
Chapter 45
Chapter 46
Chapter 47
Chapter 48
Chapter 49
Chapter 50
Chapter 51
Chapter 52
Chapter 53
Chapter 54
Chapter 55
Chapter 56
Chapter 57
Chapter 58
Chapter 59
Chapter 60
Chapter 61
Chapter 62
Chapter 63
Chapter 64
Chapter 65
Chapter 66
Chapter 10 →
All chapters:
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66